Projekte Opvolg Opnames.

Volg jou projekte op met behulp van Examinare se uniek Projek Opvolg Opnames. Ons het oplossing vir elke besigheid struktuur en begroting.

Om te meet is om te weet.

Dit neem slegs een ondernemings projek wat skeefloop om 'n negatiewe tendens te begin.

Hoekom gebruik maak van Opvolg Opnames?

Binne enige organisasie is wêreldwye projek beplanning 'n noodsaaklike deel van die normale beplannings stadium. Intensiewe detail is gewoonlik benodig voor die projek geloods word, maar na aflewering is daar ook 'n nut vir die "Lesse Geleer" en opvolg roetines. Baie organisasies voer die "Lesse Geleer" opname deur 'n groep oproep uit en aantekeninge word gemaak. "Lesse Geleer" kan uitgevoer word met of sonder die projek kliënt se bywoning. Maar wat as jy jou projek opvolg opname met jou eksterne sowel as interne kliënte terselfdertyd kan uitvoer?


Teiken swakpunte en maak gebruik van Lesse Geleer.

Wat as jy jou antwoorde in die vorm van 'n sterk- en swakpunt grafiek kan ontvang, om sodoende werk te maak van probleme en sodat die projek meer doeltreffend aangepak kan word? Examinare het vele terugvoer modules vir projek opvolg opnames ontwerp. Meeste van ons terugvoer sisteme is verpersoonlik vir die kliënt. Ons is ook trots op ons kliënt vertroulikheid wat ons verhoed om die werklike kliënt te noem, en ons het hiervolgens 'n perspektief oorsig geskryf van sommige van die ontwerpe wat ons vir kliënte gemaak het. Vir 'n kwotasie en bespreking, kontak ons gerus in verband met 'n Projek Opvolg Opname en Vraelyste.


Projek Lesse Geleer met outomatiese terugvoer.

Alle projekte binne 'n organisasie het 'n natuurlike vloei van hoe 'n projek aanmekaar gesit word en wat vir elke projek deurentyd gehandhaaf word. Daar is die verkope stadium, projek beplanning stadium, die bekendstelling stadium, die weeklikse vergadering stadium, die aflewering stadium en die projek aflewering en oorhandiging stadium. Daar is ook die handhaaf stadium en die maandelikse handhawing vergaderings. Daar is natuurlik dalk meer of minder stadiums in werking afhangend van die tipe organisasie.

Deur te kyk na al die verskillende stadiums sal jy oplet dat daar deurentyd die behoefte is om terugvoer te lewer. Was die projek afgelewer soos wat die kliënt dit wou hê, en watter dele van die projek het watter persone betrokke gehad? By Examinare kan ons 'n verpersoonlikde terugvoer sisteem vir jou organisasie ontwerp. Hierdeur kan daar outomaties terugvoer aan individuele spanne gemaak word oor wat nodig is om beide die interne en eksterne dele van die projek te verbeter.


Jaarlikse Projek Opvolg Opnames.

'n Projek word gewoonlik na 'n jaar of opgegradeer of gekanselleer. Ongeag van wat die uiteinde van die projek is, is daar altyd Lesse om Geleer te word. Ons bied bystand aan organisasies om 'n outomaties terugvoer sisteem te ontwerp, waar die kliënt 'n opname ontvang oor die oplossing wat hulle gebruik het en wat die gevoel tans oor wat werk en nie werk nie, teenoor wanneer hulle die aankoop gemaak het. Die sisteem sal dan aan die projek bestuurder terugvoer gee oor watter dele aandag aan gegee moet word vir toekomstige projekte.


Moenie van die bystand kaartjies en bystand kwessies vergeet nie.

Kliëntediens is vanselfsprekend 'n groot deel van enige verpersoonlikde projek. Ons staan jou organisasie by deur die terugvoer kaartjie sisteem in die Lesse Geleer afdeling in te werk. Indien 'n kliënt 'n slegte ondervinding met kliëntediens personeel ondervind, of 'n vraag nie reg beantwoord word nie, kan dit die uitbreiding van jou organisasie belemmer en die verlies van 'n kliënt veroorsaak as gevolg van 'n tegniese punt.

By Examinare het ons al menigte integrasies na gevestigde bystand sisteme gedoen waar outomatiese kliënte terugvoer 'n groot deel vorm van die diens.




Prys Kwotasie Navraag

Vul die onderstaande vorm in. Maak seker jy voltooi al die velde en maak seker dat jy 'n landskode of telefoon nommer en korrekte e-pos adres voorsien.
Dien asb. jou aansoek in Sweeds, Engels, of Russies in.

Maatskappy *


Naam *


Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *


E-pos *


Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *


Gemorspos Vraag

1+1= *

* Newsletters from Examinare
Jy sal outomaties ons maandelikse nuusbrief ontvang, maar jy kan die subskripsie met een kliek kanselleer.