Klant Tevredenheid Opnames.

Jy selekteer die manier waarop ons met jou kliënt kommunikeer en ons samel die kliënt tevredenheid uitslae vir jou in. Van die beskikbare opsies is e-pos, gewone pos, SMS'e of Telefoon Opnames.

Kies jou uitgesoekte metode en ons lewer die bystand met die ontwerp van jou kliënt tevredenheid opname:

Voltooi asb. die vorm onderaan die blad vir 'n kwotasie.

Kliënt Tevredenheid Opname deur middel van e-pos.

E-pos is deesdae die mees voordelige opsie vir kliënt opnames; al jou kliënte ontvang 'n persoonlike skakel deur 'n e-pos. Wat ons onderskei van alle ander verskaffers is die feit dat ons die volgende aanbied: ons beskik oor 'n eenheidsprys vir die ontwerp en produseer van kliënt opname vraelyste; die uitstuur daarvan; tot twee herinnering boodskappe aan die kliënt om die vraelys te voltooi; asook die ontleding van die uitslae. Ons maak nie gebruik van voorgeskrewe formate om die opnames te ontwerp nie, ons maak eerder staat op die kundigheid wat ons deur die jare opgedoen het.


Kliënt Tevredenheid Opname deur SMS

Kliënt tevredenheid deur middel van SMS'e is deesdae die vinnigste medium beskikbaar. Kliënte ontvang outomaties 'n SMS met 'n skakel waarmee hulle 'n mobiele weergawe van die kliënt vraelys kan voltooi. Hulle kan eenvoudig die vraelys beantwoord wanneer hulle ontvangs op hulle selfone het. Die SMS opsie 'n ongelooflike vinnige alternatief vir opnames, en met ons unieke platform hoef kliënte nie eens 'n Android of iPhone te besit om die opname te beantwoord nie. Al wat benodig word is genoegsame data op die foon en die foon mag nie ouer as 'n 2003 model wees nie. Hierdie feit sorg vir 'n groter hoeveelheid terugvoer as met ander verskaffers.

Indien jy 'n aaneenlopende kliënte opname wil ontwerp, is dit ook moontlik met ons Paneelbord Oplossings vir klant tevredenheid opnames. Ons Paneelbord Oplossings is beskikbaar vir verskeie kliënt tipes en jy kan meer hieroor lees by een van hulle (Hotel Paneelbord).

Ongeag of jy 'n slegs 'n enkel opname, of aaneenlopende kliënte opname wil ontwerp, ons het die oplossing vir jou.


Kliënte opnames deur middel van tradisionele pos. Dit staan ook bekend as posbus vraelyste.

Ons kliënt opnames deur middel van tradisionele pos metodes kan beantwoord word deur die kliënt wat die vraelys terug pos aan die instansie, of die ontvanger kan 'n persoonlike skakel invoer en die vraelys digitaal beantwoord.

Tradisionele pos metodes vir vraelyste is 'n effens stadiger metode as kliënt opnames deur middel van e-pos of SMS. Hierdie projekte neem gewoonlik tussen 8-10 van die begin tot die ontleding stadiums. Ons het al opnames uitgevoer in Sweeds, Engels, Arabies, Frans en Russies. Ons beskik ook oor die opsie om tradisionele pos metodes te kombineer met opvolg telefoon oproepe, e-poste, of SMS'e om die proses te bespoedig.


Kliënt opnames deur middel van telefoon / Telefoon Peilings

Telefoon opnames of Telefoniese kliënte opnames kan op verskille wyses gedoen word. Ons kan tradisionele telefoon opnames implementeer, waar 'n kliëntediens oproeper met jou kliënte telefonies in verbinding tree. Met hierdie tiepe kliënte opname, word baie van die kliënt se kommentaar direk aangehaal en langs die vraag wat ons personeel verskaf, neergeskryf. Met telefoniese kliënte opnames, sal jy beide van die belangrike kwantitatiewe en kwalitatiewe terugvoer ontvang.


Geoutomatiseerde Telefoon Oproep Terugvoer.

Nog 'n diens wat ons in die outomatiese telefoon opnames in werking het, is die gebruik van klanklêers. Hierdie tegnologie verskaf aan jou 'n onophoudelike terugvoer van hoe jou kliënte jou aanskou. Hierdie kan gedoen word om die kliënt, na die voltooiing van sy oproep, te verplaas na ons kontaksentrum. Alternatiewelik sal ons geoutomatiseerde kontaksentrum die kliënt, ongeveer 5 minute na sy oproep beëindig is, terug skakel. Hierdie oplossing help jou om die hoogs ontevrede kliënte te identifiseer en om te probeer om daardie probleem op te los. Hierdie tipe kliënt opname is een van die algemeenste vir kantaksentrums, en jy het heel waarskynlik al self een van hierdie oproepe beantwoord.




Prys Kwotasie Navraag

Vul die onderstaande vorm in. Maak seker jy voltooi al die velde en maak seker dat jy 'n landskode of telefoon nommer en korrekte e-pos adres voorsien.
Dien asb. jou aansoek in Sweeds, Engels, of Russies in.

Maatskappy *


Naam *


Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *


E-pos *


Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *


Gemorspos Vraag

6+6= *

* Newsletters from Examinare
Jy sal outomaties ons maandelikse nuusbrief ontvang, maar jy kan die subskripsie met een kliek kanselleer.