Examinare

Examinare se Leuse

Ons glo dat ons eerste verantwoordelikheid aan ons gebruikers is. Of hulle nou die persoon is wat die terugvoer verskaf of die persoon is wat die terugvoer aanvra. As 'n internasionale verskaffer moet ons deurentyd streef om alle dele van ons dienste te vereenvoudig, te lokaliseer, en te ontwikkel soos ons gebruikers se behoeftes verander en ontwikkel. Ons moet daarna streef om aan ons kliënte se behoeftes te voldoen deur die integrasie tussen ons dienste en 3de party toepassings; asook om eksterne oplossings te ontwerp wat die leemte sal vul tussen wat vandag bestaan en wat more gaan bestaan in die avontuur van internasionale terugvoer ontvangs. Examinare - om te ontleed, te ontwikkel, en om terugvoer te voorsien met die gebruiker in oog.

Examinare


November 2005

Dit het als begin toe een van ons hoof kliënte 'n opname wou ontwerp wat aanlyn sowel as op straat gebruik kon word. Ons het 'n platform ontwerp vir data ontginning vir hierdie projek. Die werk se naam was Examinare.

Junie 2006

Bekendstelling van Examinare se Web diens.

Na die aanvanklike Examinare projek afgehandel was, het nog meer kliënte ons genader wat opsoek was na 'n soortgelyke diens. TV4 (Swede) en Bang & Olufsen (Denemarke) was een van ons aanvanklike kliënte.

Januarie 2008

Mobiele Opname Tegnologie.

Examinare was een van die eerste maatskappye wat 'n unieke opname tegnologie bekend gestel het, wat gemik was vir die gebruik van enige mobiele toestel . Ons gebruik vandag nog hierdie tegnologie, en dit is nie net op slimfone van toepassing nie.

Maart 2008

Vertaling na alle Skandinawiese Tale.

Examinare was vertaal na Deens, Fins, en Noors, vanuit die oorspronklike Sweeds en Engels

Junie 2008

Bekendstelling van Examinare API

Ons was van die begin af bewus dat API's 'n toekomstige veilige manier is vir die uitbreiding van die opname tegnologie van Examinare. Ons is al van 2008 af in besit van 'n sterk API wat deurentyd verbreed word.

2009

Bekendstelling van Examinare AB en die eerste integrasies.

Examinare AB is bekendgestel en word die nuwe eienaar van die Examinare Opname Toepassing deur die oordrag van eienaarskap vanaf die Sweedse web agentskap IT Kroonan. Examinare AB het die eerste drie integrasies vir die Examinare Opname Toepassing ontwerp. Hierdie integrasies (hulle word nou verlengings genoem) was vir Fortnox, Mailchimp en Dropbox.

2010-2011

Verlengde API & Integrasies

Die Opname Toepassing en die Examinare API is tydens 2010 en 2011 verleng. Die sisteem en webblaaie is vertaal na 'n totaal van 14 tale.

2013

Integrasie projek in Australië.

Examinare was uitgesoek deur 'n groot Menslike Hulpbronne maatskappy in Australië, om 'n platform aan hulle te bied vir een van hulle gesertifiseerde toetse. Die projek was afgelewer en is tans 'n koste effektiewe manier van aanlyn toetsing.

2014-2016

Wye reeks nuwe dienste.

Die Examinare se reeks hulpmiddels is uitgebrei met 14 nuwe sagtewares, insluitend Mystery Shopping Modules, Kliniek Evaluasie sagteware, en Paneelborde. Die ondersteunende tale beloop meer as 28, wat Arabies en Islandies insluit. Ons bekende verlenging vir diens opvolg kommunikasie vir Zendesk was bekend gemaak.

Vandag

Ons gee jou graag 'n kwotasie.

Ons hoop om vandag die kans te kry om aan jou 'n kwotasie uit te maak. Ook om aan jou 'n voorstel te stuur wat ons sal toelaat om jou met die beste oplossing te voorsien, waardeur ons 'n jarelange samewerking tussen ons in werking kan bring.

Lees meer

Trusted Worldwide

Price Quotation

Price Quotation

Find out how Examinare can help you! One of our Examinare experts will contact you shortly to discuss your needs and how you can benefit from Examinare Solutions.

Fill in the form and we will contact you shortly.

Maatskappy *

Naam *

Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *

E-pos *

Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien. <small>(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)</small>

Beraamde Begroting <small> (Geskatte nommer met geldeenheid)</small> *

Gemorspos Vraag

3+1= *

Newsletters from Examinare