Create Surveys and share them on Facebook and Social Media.

Deur gebruik te maak van ons Facebook Inprop funksie, kan jy maklik opnames uitstuur wat weer herversprei sal word regoor die wêreld.

  • Vra die verbruikers van die grootste sosiale netwerk ter wêreld.
  • Versamel hulle opinies, voorkeure en afkere
  • Ontvang uitslae in 'n buigbare, gerieflike formaat en kombineer dit met ander kommunikasie kanale.

Een kliek aktivering.

Met slegs een kliek, is dit moontlik om jou Opname/Vraelys te aktiveer vir Facebook. U kan dan hierdie skakel versprei deur middel van 'n enkele plasing, of deur te adverteer in Facebook advertensies. Ontvangers antwoord direk op Facebook, sonder om na 'n eksterne tuisblad hoef oor te skakel. Ons Inprop funksie ontvang ook verbruikers se geslag en demografiese data in die opname antwoorde.

Kontak en agtergrond data verspreiding.

Alle verbruikers wat kies om die Facebook Opname/Vraelys te beantwoord, deel ook dan hulle persoonlike inligting met jou rekening in Examinare. Hierdie inligting sluit Geslag, Land, en vele meer in. Op hierdie wyse kan jy dan die uitslae ontleed, gebaseer op hierdie gedeelde inligting. Verbruikers sal eers 'n kennisgewing ontvang wat hulle in kennis stel dat hulle persoonlike inligting gaan deel sou hulle voortgaan met die beantwoording van die vraelys, en sal eers hierdie kennisgewing moet goedkeur alvorens hulle toegelaat sal word om met die vraelys voort te gaan.

Kwalitatiewe Data en Kwantitatiewe Data?


Facebook Opnames word al hoe meer gewild. Daar is egter altyd nuwer metodes beskikbaar vir die insameling van Kwalitatiewe data. Indien u opsoek is na individuele oplossing, of opsoek is na 'n besonderse projek en bystand benodig, is u welkom om van ons Korporatiewe Dienste gebruik te maak. Ons kenners is altyd beskikbaar om bystand te verleen.

Facebook Vraelyste Sorg Gewoonlik Vir 'n Hoë Hoeveelheid Kwantitatiewe Data.

Aangesien daar 'n groot aantal mense is wat wêreldwyd van Facebook gebruik maak, kan dit 'n kragtige middel wees om Kwantitatiewe data in te samel, maar natuurlik slegs as u veldtog gemik is op die regte groep mense.