Gebruik Clinic Evaluator in veeartseny klinieke.

2017-06-02

Volgens ʼn studie van Goed Bestuurde Praktyke wat deur Veterinary Economics, tesame met Wutchiett Tumblin and Associates gedoen is, is kliënt tevredenheidsopnames een van die mees effektiewe maniere om die prestasie van jou kliniek te evalueer. Die einddoel van enige besigheid is om uiteindelik soveel kliënte moontlik in te win, en dit is hoekom dit baie nuttig is om gereeld na jou kliniek te kyk deur jou kliënt se oë.

Is jou kliniek rustig en knus? Is die ontvangspersoneel verwelkomend en welwillend teenoor jou kliënte en hul troeteldiere? Is die veeartse en hulle assistente aandagtig genoeg om toepasslike aanbevelings te maak tydens die ondersoek vir die troeteldier se welstand? Beskik jou kliniek se werkers oor ʼn algehele positiewe houding en dra dit by tot ʼn gesonde werksomgewing? Troeteldier eienaars is dikwels baie aandagtig en sensitief vir die geringste dingetjies, en enige tekortkominge kan jou ʼn verlies aan kliënte en inkomste kos.

Clinic Evaluator is nie slegs as ʼn toepassing ontwerp vir die opstel van veeartseny tevredenheid opnames nie, maar ook as ʼn unieke, spesifieke en volledige bevredigings bestuurstelsel vir veeartseny klinieke, wat die beheer van die ontvangs, veeartse, personeel en algehele sakeverrigtinge beheer. Sodra opgestel, werk Clinic Evaluator voltyds in outomatiese modus, en al wat van jou ontvangsdame verwag sal word, is om die e-pos adres van jou kliënt in die toepaslike veld op die vorm aan te bring, en die sisteem sorg dan vir die res.

Hoe werk Clinic Evaluator in ʼn veeartseny kliniek?

Dis belangrik om eerste hier te noem is dat die opname-vorms en die uitslag ontleding geskei word, sodat die uitvoerende personeel slegs toegang het tot die versending van die opnames, terwyl die personeel bestuurder toegang het tot die ontvangde uitslae en dit kan ontleed, waarna die bestuur van die instansie dit deur enige rekenaar of slimfoon kan beheer.

Die hele terugvoer insamelingsproses kan op verskeie wyses georganiseer word, afhangend van jou vereistes, behoeftes en werksaspekte. Dit alles word bepaal volgens of jy oor aanlyn registrasie beskik, wil hê dat jou kliënte die opname op ʼn tabletrekenaar moet beantwoord, die opname na jou kliënte wil e-pos, of die besluit aan jou kliënt self wil oor los.

Die algemeenste manier waarop ons kliënte gereeld hulle terugvoer insamelings proses organiseer in veeartseny klinieke, is soos volg:
1) ʼn Kliënt besoek die kliniek met sy troeteldier en ontvang die gesogte diens.
2) Na die besoek afgehandel is, voer die ontvangsdame die kliënt se naam en e-pos adres in die sisteem in, merk die boks wat ooreenstem met die veearts wat die diens gelewer het, en kies ʼn verkose taal vir die opname. Nadat die “stuur” knoppie gedruk word, word die opname ʼn plek in die tou toegestaan en sal gestuur word aan die kliënt volgens die instellings gemaak in die Clinic Evaluator sisteem.
3) Die punte wat ooreenstem met verskeie aspekte van die kliniek se werk word in die Clinic Evaluator sisteem bereken, en die bestuurder kan duidelik sien hoe die besigheid presteer en ʼn gemagtigde personeellid word onmiddellik in kennis gestel indien daar enige probleme sou ontstaan.
4) Indien die kliënt die opname ignoreer of die uitnodiging om die opname in te vul nie raaksien nie, sal Clinic Evaluator ʼn opvolg kennisgewing uitstuur binne die gestelde periode (as ʼn reël sal dit binne 1 tot 2 weke na die besoek gestuur word).

Hierdie is slegs ʼn voorstel en nie ʼn verpligte volgorde van gebeure nie. Jy is in beheer van hoe jy jou kliënt tevredenheid wil bestuur en die Clinic Evaluator sisteem sal aangepas word volgens jou persoonlike behoeftes. Indien jy geïntegreer wil word in jou korporatiewe CRM, in ʼn netwerk wil bygevoeg word, of addisionele funksionaliteit wil byvoeg, staan ons ontwikkelingsafdeling altyd gereed om aan jou bystand te verleen. Kontak ons op info@clinicevaluator.com vir bykomende inligting en verdere besprekings.

This article is about Clinic Evaluator.
Our service for Customer Satisfaction Surveys for Clinics.

Lees meer

Kontak Examinare

+46855926800


Price Quotation

Price Quotation

Find out how Examinare can help you! One of our Examinare experts will contact you shortly to discuss your needs and how you can benefit from Examinare Solutions.

Fill in the form and we will contact you shortly.

Maatskappy *

Naam *

Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *

E-pos *

Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *

Gemorspos Vraag

2+8= *

Newsletters from Examinare