Kursus Evaluasie is eenvoudig met ons nuwe oplossing, KursEval.

2017-02-17

Dit het als begin met ʼn kliënt wat ons gekontak het en gevra het of dit moontlik sou wees om die rede uit vind hoekom ʼn sekere deel van die deelnemers aan sy opleidings kursusse besluit het om op te hou om die kursus by te woon. Deesdae ontwikkel ons samelewing, wetenskappe, en tegnologie teen ʼn geweldige pas, en deurlopende opvoeding is die enigste manier om met die tye by te bly. Hedendaagse studente wil so vinnig moontlik die nodige en waardevolle vaardighede bekom, en wil in staat wees om dit direk na die afhandeling van die opleidings kursusse in werking te stel. Maar doelwitte en opleidings sessies verskil van mekaar en daar is geen universele oplossing beskikbaar wat in alle gevalle ewe effektief gaan wees nie.

Dit is oor hierdie redes dat ons KursEval ontwerp het – die oplossing wat in staat is om verskeie opleidings kursusse te evalueer met behulp van die eenvoudige en gebruikersvriendelike outomatiese tevredenheid opnames. KursEval is egter nie net ʼn toepassing nie, maar ʼn volwaardige diens wat die grootste deel van die werk in die evaluasie van jou kursusse vir jou afhandel. Dit sal nie nodig wees vir jou om:
- te google vir gepaste opnames en vraelyste nie, en te wonder of dit vir jou gegewe taak doeltreffend sal werk nie. (Ons ontwerp ʼn opname vir jou indien jy die vol pakket bestel);
- per hand uitstuur van vraelyste aan kursusgangers of die per hand uitstuur van herinnering kennisgewings aan diegene wat die aanvanklike uitnodiging om die opname in te vul geïgnoreer het (KursEval handel dit outomaties af, afhangend van jou instellings;
- lees van bonkige handleidings en die kyk na eindelose riglyne oor hoe om die sisteem op te stel en te gebruik nie (elke afdeling van ons handleiding is slegs ʼn paar sinne lank en vereis geen spesifieke kennis nie;
- per hand elke antwoord tel en ontleed gebaseer op datum, maand, kursusleier, ens. (verslae is beskikbaar in regte tyd en kan onmiddellik uiteengesit word volgens jou behoeftes).

Hoe werk KursEval?

1) Koppel jou Examinare Opname Toepassing rekening aan jou KursEval (kopieer en plak van twee reëls teks).
2) Ontwerp ʼn opname in Examinare.
3) Skep ʼn klas in KursEval en tik óf die name en e-posse van die kursusgangers in óf trek dit in vanaf enige program soos MS Office, Google Docs, Open Office, Libre Office ens. As jy deurgaans met dieselfde klasse werk, skep jy dit slegs een keer en kies dan net uit die ooreenstemmende aftrek kieslys.
4) Kies ʼn toepaslike opname en voer die teks in van jou e-pos uitnodiging.
5) Kies die verkose tydperk voordat die kursusgangers jou opname sal ontvang: direk na die afhandeling van die opleidings kursus sessie of ʼn paar dae daarna.
En daarsy, jy is klaar!

KursEval is ontwerp om ʼn verpligte hulpmiddel vir die opleidingskundiges te word. Dit kan besigheidsgroei versnel en help om die herhaling van onnodige foute te voorkom. Die versamelde terugvoer vanaf die kursusbywoners stel jou nie net daartoe in staat om opleidings programme, kursusse en instrukteurs te evalueer nie, maar jy kan hiermee ook die ontwikkeling van spesifieke vaardighede vir spesifieke deelnemers of klasse teiken, en verder beplanning doen vir opleiding vir enige ander veld of opleidings gebied.

This article is about Class Evaluator.
Our service for Automatic Training Course Evaluation.

Lees meer

Kontak Examinare

+46855926800


Price Quotation

Price Quotation

Find out how Examinare can help you! One of our Examinare experts will contact you shortly to discuss your needs and how you can benefit from Examinare Solutions.

Fill in the form and we will contact you shortly.

Maatskappy *

Naam *

Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *

E-pos *

Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *

Gemorspos Vraag

5+3= *

Newsletters from Examinare