Clinic Evaluator is nou bekendgestel!

2016-09-01

Na deeglike ondersoeke, uitgebreide toetsing en ʼn paar ontwikkelingsfases, het ons uiteindelik ʼn terugvoer oplossing bekendgestel wat spesifiek ontwerp is vir die mediese industrie. Tandheelkunde, Veeartseny, Chiropraktisyn, Hospitale, en algemene klinieke kan nou maklik die Clinic Evaluator in hulle daaglikse roetines integreer. So, watter oplossings word hierdeur aangebied?

As terugvoermaatskappy werk ons in noue verband met maatskappye van verskillende oriëntasies en ontvang dikwels versoeke waarin bestuurspanne ons vra vir ʼn meer verpersoonlikde benadering. Die terugvoer oplossing, in hierdie geval, moet onnodige stappe kan oorslaan, die behoeftes van die betrokke besigheid in ag kan neem, terwyl dit nog steeds die maksimum kwalitatiewe navorsing en beheer van kliënt tevredenheid aanbied.

Ons noue verbintenis met mediese inrigtings het ʼn wyle terug al begin toe ons deelgeneem het aan die Sahlgrenska Universiteit Hospitaal projek, wat befonds was deur die Europese Unie. Talle konsultasies met dokters, praktisyne en ander mediese personeel het ons gehelp om al die behoeftes en begeertes uit te pluis. Aanvanklik het ons ʼn werkende prototipe aan ʼn paar klein privaat klinieke verskaf, en ook ʼn soortgelyke oplossing ontwerp vir ʼn kliënt wat ʼn chiropraktisyn kantoor besit het. Hierdie was ʼn paar afsonderlike oplossings wat ontwerp was volgens die behoeftes van die kliënt. Dit het ons egter gehelp om ʼn gemeenskaplike kern te isoleer wat basies identies was in al die gevalle, en deur verskillende opsies en afdelings by te voeg kon ons uiteindelik ʼn volledige oplossing ontwerp wat nou gebruik kan word deur verskillende afdelings in verskillende mediese praktyke. Ons noem dit Clinic Evaluator en dit help om die diens van die mediese besighede uit die kliënt se oogpunt te evalueer.

Waar kan die Clinic Evaluator die mees nuttig wees en hoe werk dit?

Die hoofdoel van die Clinic Evaluator is om beheer uit te oefen oor pasiënt tevredenheid en die kwaliteit van die dienste verskaf. Na jy ʼn rekening bestel het, word die opvolgende proses in die volgende hoof afdelings verdeel:
1) Ons kontak jou en reël vir ʼn Skype/Google Hangout onderhoud met een van ons konsultante. Die konsultant sal hierdeur meer leer van jou situasie, jou behoeftes bespreek, en sal dan die optimale vraelys opstel vir jou spesifieke geval. Na jy die vraelys goedgekeur het, kan die vraelys in jou verkose taal vertaal word.
2) Jy ontvang toegang tot die Clinic Evaluator sisteem waarin jy jou praktyk de werknemers kan invoer (waar nodig) en spesifiseer watter data voorgelê moet word in die Ontvangs Vorm (watter inligting wil jy hê jou ontvangspersoon van die pasiënt moet invoer).
3) Jy besluit of jy wil hê dat jou pasiënte ʼn uitnodiging moet ontvang om die opname vrae te beantwoord deur middel van e-pos, direk in die kliniek op ʼn tabletrekenaar, of deur middel van albei maniere volgens jou pasiënt se wense.
En dis dit! Jy kan onmiddellik begin om terugvoer te ontvang vanaf jou pasiënte en die uitslae sal bereken word en vertoon word in regte tyd, tesame met ʼn Pasiënt Tevredenheid Telling in jou Clinic Evaluator rekening.

Ons is werklik bly dat enige kliniek of mediese afdeling die Clinic Evaluator nou in hulle werksvloei kan integreer met minimale moeite en finansiële uitgawes. Deur te luister na jou pasiënte se kommentare en terugvoer kan jy maniere vind om hulle gelukkig en tevrede te hou, en hierdeur meer kliënte na jou besigheid toe lok.

This article is about Clinic Evaluator.
Our service for Customer Satisfaction Surveys for Clinics.

Lees meer

Kontak Examinare

+46855926800


Price Quotation

Price Quotation

Find out how Examinare can help you! One of our Examinare experts will contact you shortly to discuss your needs and how you can benefit from Examinare Solutions.

Fill in the form and we will contact you shortly.

Maatskappy *

Naam *

Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *

E-pos *

Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *

Gemorspos Vraag

5+7= *

Newsletters from Examinare