Ons stel Stay Evaluator bekend, die perfekte terugvoer toepassing vir die hotel bedryf.

2016-07-02

Examinare brei elke jaar uit, en ons het onlangs talle navrae vanaf hotel bestuurders ontvang. Hulle benodig nie net ʼn standaard opname toepassing nie, maar ʼn meer industrie-georienteërde oplossing, wat outomaties klant tevredenheid beheer en terselfdertyd meer geleenthede beskikbaar maak vir die uitbrei van hulle besighede. Dit is hoe, met die samewerking van hotel bestuurders, Stay Evaluator in werking getree het.

Wat was die hoof versoeke vanaf die hotel bestuur?

1. Die toepassing moet sover moontlik outomaties kan bedryf, wat so min as moontlike tyd van personeel verlang.
Indien die toepassing baie tyd in beslag neem om te leer, implementeer, integreer in die werksvloei, of ʼn groot deel van die interaksie tussen die hotel personeel en gaste wegneem, sou die voordele hiervan oor die bestedingspoging en potensiële geldverslies heers? Natuurlik nie. Dis hieroor dat ons die Stay Evaluator sisteem ontwerp het op die prinsiep van “Stel en Vergeet”. Die opstelling van die sisteem is basies onmiddellik, terwyl die uitteken vorm by die hotel ontvangs minder as 20 sekondes neem om in te vul.

2. Versamelde data moet onmiddellik beskikbaar wees en die statistieke moet maklik filtreer kan word volgens dag, datum, hotel personeel en die tipe gaste.
Die hele terugvoer proses maak geen sin as jy nie die versamelde data kan besigtig of daaraan kan werk nie. Ons implementeer ʼn uitgebreide filtrering proses in die Uitslae afdeling van Stay Evaluator. Ons het ook, vir die gemak van begrip, die industrie-standaard indeks, CSAT, ingevoeg (Kliënt Tevredenheid Indeks), wat vir elke afdeling apart bereken word en ook die algehele Tevredenheid van Gaste vertoon. Die beheer van personeel, identifisering van probleem areas en die onmiddellike oplossing van probleme is die beste ding wat jy kan doen om die verblyf van jou gaste te verbeter, en verander ook negatiewe kliënte in lojale ondersteuners.

3. Die toepassing moet verskeie taalkeuses van die vraelys beskikbaar hê wat sodoende gaste van regoor die wêreld die geleentheid bied om dit te kan invul. Taalkeuses moet maklik en vinnig gewissel kan word indien nodig.
Jy kan nooit seker wees watter gaste by jou hotel gaan kom oorbly nie of wat hulle behoeftes gaan wees nie, maar jy wil graag van kliënte regoor die wêreld terugvoer ontvang van hulle begeertes. Dit is altyd ʼn goeie idee om jou gaste se behoeftes en begeertes in hulle moedertaal te kan aanspreek. Vir die gemak van hierdie taak het ons ʼn eenvoudige taal wisselaar ingevoeg in die Stay Evaluator sisteem, wat ʼn beter kans verseker dat jou kliënt terugvoer sal verskaf op jou vraelys. Die Stay Evaluator personeel kan jou ook bystaan met die vertaling van jou vraelys na enige taal van jou keuse.

4. Die begroting van hotelle vir kliënt tevredenheid is dikwels beperk, dus moet die toepassing bekostigbaar wees.
Die enigste area waar ons nie sal onderhandel nie, is kwaliteit. Deur talle onderhandelings met hotel bestuurders, glo ons het ons die perfekte oplossing gevind. Die maandelikse tarief vir die gebruik van die Stay Evaluator sisteem is gelykstaande aan die tarief van ʼn dag se verblyf in twee begrotings kamers. Dis mos nou bekostigbaarheid tesame met die wêreld bekende Sweedse kwaliteit!


Die alledaagse verandering in die hotel bedryf vereis meer en meer proaktiwiteit vanaf die hotel bestuurders. Lae-koste hotelle, dienste soos Airbnb en Booking, wêreld bekende ketting hotelle – daar is deurentyd reuse kompetisie ter sprake. Ons beveel aan dat die beste wat jy in hierdie omstandighede kan doen is om jou gaste se verwagtinge te oortref, terwyl daar aandag gegee word aan enige probleme of misverstande en poog om dit dadelik op te los. Stay Evaluator is ʼn gebruikersvriendelike, maar tog kragtige toepassing vir hotelle van enige grootte. Tesame hiermee kan ons die groei van jou Kliënt Tevredenheid Indeks verseker. Waarvoor wag jy? Skakel in en word die volgende hotel wat gebruik maak van Stay Evaluator!

This article is about Stay Evaluator.
Our service for Hotel Reputation Management.

Lees meer

Kontak Examinare

+46855926800


Price Quotation

Price Quotation

Find out how Examinare can help you! One of our Examinare experts will contact you shortly to discuss your needs and how you can benefit from Examinare Solutions.

Fill in the form and we will contact you shortly.

Maatskappy *

Naam *

Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *

E-pos *

Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *

Gemorspos Vraag

5+4= *

Newsletters from Examinare