Hoe om ʼn goeie telefoon opname te ontwerp.

2014-03-12

Ons word dikwels gevra hoe om ʼn telefoon opname in werking te bring en hoeveel vrae daar gevra moet word. Daar is ook tye wanneer jy kliënte opnames wil invul, maar nie toegang tot e-pos funksies het nie. Wat staan jou dan te doen?

Ons beveel gewoonlik aan dat kliënte navrae deur middel van teks boodskappe of e-posse ingestuur moet word, maar omdat daar soms ʼn behoefte in groot maatskappy is om telefoniese opnames na afhandeling van bystands oproepe te doen, kan dit deur Examinare gedoen word. Nie slegs groot maatskappye moet dit kan doen nie, maar medium en klien ondernemings moet dit natuurlik ook kan bekostig. Ons sal die basiese prinsiepe van ʼn goeie kliënte telefoon opname in hierdie artikel deurwerk. Indien jy jou eie telefoon opnames wil begin maak, is jy welkom om ons demo te beproef en ons by Examinare te kontak om bystand aan jou te lewer aangaande telefoon opnames.

Waarna moet jy oplet om ʼn goeie telefoon opname saam te stel?

Ons beveel altyd aan dat jy jou kliënt se behoeftes en belange op die hart moet dra, soos iets wat reggestel moet word of iets wat ontwerp moet word. ʼn Voorbeeld is wanneer ʼn kliënt ʼn verskaffer se bystand nommer skakel en na voltooiing van die oproep deur geskakel word na ʼn telefoon opname. Dit is dalk irriterend vir sommige kliënte maar dit is die manier hoe groot maatskappye hulle bystandspan kan evalueer.

Die belangrikste aspek van hierdie tipe telefoon opname is dat jy verbeterings wil aanbring en jou kliënt die indruk gee dat jy werklik belang stel in wat hy dink. Dit is baie belangrik dat jy nie ʼn verskaffer is wat slegs die kliënt vir profyt en wins misbruik nie. Jy wys hierdeur dat jy hierdie telefoon opnames uitvoer nie om net daaroor te kan spog op jou webblad nie, maar omdat jy wil wys dat jou maatskappy werklik wil uitvind hoe jou kliënte voel en hoe jy jou diens kan verbeter.

Indien jy jou oproepe herlei na ons telefoon opname sisteem toe, is dit belangrik om die opname kort te hou – ʼn maksimum van 2-3 vrae en die opname moet duidelik hoorbaar wees. Die kliënt het nie heeldag tyd om aan ʼn opname te spandeer nie, maar aan die anderkant wil ook nie oorbluf word deur ʼn afgejaagde opname nie. Dit is noodsaaklik dat jou kliënt op ʼn kalm, maar vinnige wyse jou vrae sal beantwoord.

Hier is ʼn paar voorstelle oor telefoon opnames:

- Hoe kan jy die bystand diens van jou personeel evalueer? Evalueer asseblief die diens van 1 tot 5, waar 5 uitstekend is en 1 uiters swak.

- Sou jy ons aan enige van jou vriende of familie aanbeveel as hulle opsoek is na ʼn goeie verskaffer van ...? 1 is nooit en 5 is verseker.

Ontvang ʼn telefoon opname na afhandeling van jou oproep.

Indien dit nie vir jou moontlik is om jou kliënte na die opname te herlei nie – as gevolg van ontvangs beperkings of ander faktore, sal dit dalk 'n goeie idee wees om te verseker dat jou kliënte die opsie het om te kies of hulle geskakel wil word deur die kliënt opname personeel, en dit kan dikwels opgelos word deur ʼn addisionele IVR kieslys by te voeg. Dit gun jou die geleentheid om die kliënt op ʼn waglys by te voeg indien hulle deel wil wees van die telefoon opname. Met ʼn eenvoudige tegniese implementasie sal die kliënt outomaties geskakel word deur gebruik te maak van Examinare se module vir telefoon opnames.

Hoe kan jy Examinare gebruik om telefoniese navrae te maak?

Ons help besighede reeds van 2006 af om ʼn verskeidenheid opnames te skep. Ons het egter een in Januarie 2014 geïmplementeer wat soos geen ander werk nie. Ons het ʼn uitbreiding na Examinare ontwerp wat gebruik maak van baie sterk wolkbedieners om honderde mense per minuut te skakel om telefoon opnames uit te voer. By Examinare wil ons jou graag bystaan om te begin met jou telefoon opnames. Moet asseblief nie huiwer om ʼn gratis kwotasie hier aan te vra nie.

This article is about Phone Surveys.
We help you to do Automated Phone Surveys with connection to your PBX or Phone System.

Lees meer

Kontak Examinare

+46855926800


Price Quotation

Price Quotation

Find out how Examinare can help you! One of our Examinare experts will contact you shortly to discuss your needs and how you can benefit from Examinare Solutions.

Fill in the form and we will contact you shortly.

Maatskappy *

Naam *

Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *

E-pos *

Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *

Gemorspos Vraag

1+6= *

Newsletters from Examinare