Skep ʼn Lugredery Kliënt Tevredenheid Opname deur Examinare.

2013-10-16

Ons bied by Examinare ʼn Lugredery Kliënt Tevredenheid Opname aan waarmee jy kan begin. Indien jy meer inligting wil byvoeg kan ons jou hiermee ook bystaan. Lughawens word al hoe meer mededingend, en wanneer passasiers hulle vlugte bespreek sal hulle die een kies wat hulle behoeftes in ag neem.

Voor jy begin om ʼn Lugredery Kliënt Tevredenheid Opname saam te stel, sal jy dalk eers na die besigheid self wil kyk en beplan wie jou hoof kliënt groepe is. Is dit ʼn besigheidsdiens of ʼn verbruikersdiens? Indien jy hoofsaaklik verbruikers teiken, moet jy dalk ʼn spesiale promosie aanbied aan kliënte wat bereid is om jou Lugredery Kliënt Tevredenheid Opname in te vul. Op hierdie manier sal jy meer besprekings kan kry, sowel as meer inligting en terugvoer ontvang oor wat jou kliënte van jou lugredery dink.

Beplanning.

Wanneer jy jou Lugredery Kliënt Opname beplan moet jy presiese vrae aanbring op die Lugredery Vraelys om seker te maak dat jy nie jou kliënt se tyd mors nie. Jy moet ook gebruik maak van ʼn Opname Toepassing wat versoenbaar is met mobiele toestelle, wat jou kliënte sal toelaat om jou vraelys te beantwoord terwyl hul aan boord hul vlug is (indien hulle vlugte Wi-Fi verbinding aanbied) of terwyl hulle wag om hulle bagasie op te laai. Indien jy Besigheidsdiens aanbied, sal dit ʼn goeie idee wees om gratis reis kilometers weg te gee om sodoende antwoorde op jou Lugredery Kliënt Tevredenheid Opname te ontvang.

Vrae vir jou Lugredery Kliënt Tevredenheid Opname.

Wanneer dit by die samestelling van jou Lugredery Kliënt Tevredenheid Opname kom, het jy 2 opsies om te werk te gaan. Nommer 1 is die samestelling van ʼn vraelys in papiervorm, of nommer 2 is om gebruik te maak van ʼn toepassing wat hul toespits op die samestelling van vraelyste in digitale vorm. Wanneer jy graag die digitale metode wil kies is Examinare altyd beskikbaar om jou te help om jou vraelys saam te stel en die uitslae vir jou te ontleed in een van ons Opname Projekte. Ons het uitgebreide ondervinding hierin en het al vele soortgelyke projekte suksesvol afgehandel.

Indien jy verkies om jou Lugredery Tevredenheid Opname in papiervorm saam te stel is dit altyd ʼn goeie idee om jou vrae regtig eenvoudig en maklik beantwoordbaar te maak. Vrae wat werk is bv.: “Het jy jou vlug met ons geniet?” of “Was daar enige probleem met die inteken van jou bagasie?” Die mees algemene fout is om die vrae te “oordoen” op die papier vraelyste of opnames, wat mense gevolglik irriteer en verhoed dat hulle die vraelys voltooi. Nog ʼn fout is om te verwag dat jou kliënt jou opname moet invul en per pos moet terugstuur aan jou. Dit is die laaste ding wat ʼn moeë reisiger lus het om te doen, en dit sal selde gebeur.

Voordele van Examinare se Opname Toepassing.

Die hoof voordele vir die korporasie, veral die Lugredery Korporasie, is dat wanneer kliënte hulle kaartjies bespreek en inboek vir hulle vlug, die Examinare Opname Toepassing sinkroniseer met jou databasis en vraelyste opstel terwyl jou passasiers op hulle vlug is. Wanneer hulle hul bestemming bereik sal hulle ʼn SMS of e-pos ontvang (watter een ook al hulle as voorkeur aangeteken het), wat hulle dan kan beantwoord wanneer hulle tyd het daarvoor. Dis gewoonlik die mense wat meer as tevrede was met jou diens, asook dié wat minder tevrede was met jou diens wat die vraelyste sal beantwoord, en indien jy ʼn promosie byvoeg vir almal wat terugvoer gee, kan jy nog meer terugvoer verwag.

Om te begin met jou Lugredery Kliënt Tevredenheid Opname kontak ons gerus by Examinare en ons help graag met ʼn plan, uitvoering, en ontleding van die uitslae, en help om jou kliënte se gewoontes en menings te teiken.

This article is about our Business Services.
Read more on how we can help you.

Lees meer

Kontak Examinare

+46855926800


Price Quotation

Price Quotation

Find out how Examinare can help you! One of our Examinare experts will contact you shortly to discuss your needs and how you can benefit from Examinare Solutions.

Fill in the form and we will contact you shortly.

Maatskappy *

Naam *

Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *

E-pos *

Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *

Gemorspos Vraag

8+3= *

Newsletters from Examinare