Watter Vrae om te Vra in Jou Kliënte Opnames?

2021-12-02

Ons ontvang gereeld vrae vanaf ons kliënte en voornemende kliënte oor watter vrae hulle op hulle opname vraelyste hoort aan te bring. Die belangrikste aspek om te oorweeg is die feit dat die doel van jou opname is om jou gaste tevrede te hou met jou diens. Jy is definitief nie opsoek na onpersoonlike vrae soos, "Hoe oud is jy?" of "Is jy manlik of vroulik?" Hierdie tipe vrae bewys dat jy nie genoegsame tyd geneem het om navorsing te doen of om data oor te skakel in jou Opname Toepassing in nie. Om die inligting te gebruik wat jou CRM sisteem bevat, kan jy eenvoudig hierdie agtergrond inligting invoer na jou rekening in Examinare.

Watter vrae hoort jy in jou kliënte opname te vra?

Eerstens moet jy onthou om die leidende vrae te vra nie. Indien jy leidende vrae gebruik in jou kliënt opnamea, gaan jy die verkeerde terugvoer ontvang om mee te werk. Die ergste geval sal wees waar geen van die uitslae bruikbaar is nie. Die beste manier is om reguit vrae te vra soos:
Tot watter mate is jy tevrede met ons diens?
- Baie tevrede
- Tevrede
- Ontevrede
- Baie ontevrede
Ons maak gewoonlik gebruik van die 4-punt of 6-punt skaal wanneer ons 'n kliënt opname opstel. In so geval kan jou kliënt nie veralgemeende antwoorde gee nie, maar word gedwing om 'n definitiewe kant te kies.

Wanneer is die ideale tyd om kliënte te vra?

Elke besigheid en diens verskil, maar daar is algemene situasies wat voorkom soos bv:
- Terugvoer voor bestelling
- Aflewering terugvoer
- Evalueer die tegniese probleemoplossing / bystand kwessie probleemoplossing
- Ondersoek die bekostigbaarheid van 'n produk
- Vra vir aanbevelings

Vra vir aanbevelings

Meeste van die vraag tipes is algemeen, alhoewel maatskappy wat vir aanbevelings vra is 'n nuwe tendens. Hiermee bedoel ons die volgende:

Sou jy Examinare se opname toepassing aanbeveel aan 'n besigheid kontak?
- Ja, verseker!
- Miskien, as ek te hore kom van iemand wat opsoek is na een.
- Nee.

Hierdie is 'n vraag met drie vlakke, maar het twee positiewe vlakke vir 'n rede. Jy wil weet hoeveel kliënte "trots" is daarop om van jou dienste gebruik te maak.

Elke maatskappy verskil.

Aangesien elke maatskappy verskillende behoeftes het, beveel ons aan om gebruik te maak van ons opname konsultante met die opstel van 'n kliënte opname. Ons bied bystand aan vir die ontwikkeling van die regte vrae en ontwerp kliënt opnames direk in jou Examinare rekening. Kontak ons gerus aangaande jou volgende kliënt opname, en ons sal jou ook bystaan met die ontwerp van jou vrae.

This article is about our Business Services.
Read more on how we can help you.

Lees meer

Kontak Examinare

+46855926800


Price Quotation

Price Quotation

Find out how Examinare can help you! One of our Examinare experts will contact you shortly to discuss your needs and how you can benefit from Examinare Solutions.

Fill in the form and we will contact you shortly.

Maatskappy *

Naam *

Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *

E-pos *

Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *

Gemorspos Vraag

6+9= *

Newsletters from Examinare