Vind uit hoekom kliënte van jou nuusbrief uitteken.

2017-07-12

Verbeel jou hierdie situasie: Jy is in ʼn verhouding met ʼn ander persoon, en julle het ʼn wonderlike tyd saam, geniet mekaar se geselskap, en die toekoms blink helder vir albei van julle, maar eendag het jou maat net verdwyn sonder enige verduideliking. Selfs al is jy nie gulsig of wraakgierig nie, en dring nie daarop aan om al jou geskenke terug te stuur nie, is die minste wat jy verdien ʼn rede uit te vind waarom jy gelos is. Dis vir jou belangrik omdat, eerstens, daai persoon aanvanklik kosbaar vir jou was, en tweedens, om te verhoed dat jy in die toekoms dalk dieselfde foute herhaal. Om ʼn kliënt in jou besigheid te verloor is nie minder verwoestend as om ʼn maat in jou persoonlike lewe te verloor nie.

Hoekom kanselleer kliënte hulle subskripsies aan nuusbriewe?

ʼn Navorsing studie deur Epsilon en ROI oor die redes waarom kliënte vanaf die VSA en Kanada uitteken van nuusbriewe wys dat die hoof 5 redes as volg is:

– Irrelevante inhoud;
– Oormatige frekwensie;
– Kommer oor die e-pos wat gedeel of verkoop word;
– Intekening het nooit plaas gevind nie;
– Kommer oor privaatheid.

Hierdie paar hierbo genoem is egter net die mees gewilde redes. Hierdie probleme kan slegs aangevat en effektief opgelos word wanneer jy weet wat die probleem is en waarmee jy terug kan baklei. Dis vir hierdie rede dat ons aanbeveel dat jy Why Cancel in jou uitteken vloei integreer om op hoogte te bly en om sterker beheer te kan uitoefen.

Kort uitteken opnames werk die beste.

Moenie die algemene fout maak om jou kliënte te oorweldig met vrae nie, of om ʼn vorm voor te lê wat eindeloos voorkom wanneer die kliënt na die einde van die vraelys afrol. Een of twee vrae is meer as genoeg om die kosbare data te ontvang waarna jy opsoek is, anders loop jy dalk die risiko om geen inligting te ontvang nie.
In die Examinare Opname Toepassing kan jy enige tipe vrae skep sonder enige beperkings. Dit is ʼn goeie benadering om jou kliënte nie net die gereedgemaakte antwoord opsies te gee nie, maar ook die vermoë om iets in hulle eie woorde in te voeg indien hulle dit sou nodig vind. Dit is dikwels moeilik om die vereistes van individuele mense te voorspel, so moenie vergeet om ʼn vry-teks veld in te voeg nie. Examinare laat ook toe dat jy jou eie kenteken en ontwerp op die opname vorm bybring. Jy sal dus deurentyd die indruk skep van ʼn professionele maatskappy in plaas daarvan om een van die gratis toepassings te gebruik wat nie omgee oor die persoonlike data van hul kliënte nie.
Why Cancel outomatiseer die terugvoer versameling en formateer die benodigde verslae. Jy hoef ook nie bekommerd te wees oor die tydigheid van die verlangde data nie, aangesien dit altyd beskikbaar sal wees wanneer jy dit ook al benodig.

Hoe kan jy baat vind met die ontvangde uitslae?

Na jy die uitslae van jou outomatiese opname ontleed het, sal jy sommige van die swakhede beter verstaan en die insig ontvang oor hoe om jou intekenaars te behou en tevrede te stel. Nuwe strategieë, beter gesegmenteerde veldtogte, en verandering aan jou nuusbriefinhoud, vorm slegs ʼn paar van die uitslae wat ons kliënte gereeld bereik. Why Cancel tree op as ʼn ervare leermeester wat deurgaans saam met jou werk en die regte ontwikkeling maniere onthul, terwyl dit potensiële probleme uit die weg ruim.
Hou dus op om wilde raaiskote te neem en monitor die kansellasies en bereik nuwe hoogtes en doelwitte in jou aanlyn besigheid met Why Cancel se bystand!

This article is about Why Cancel.
Our service for Anti-churn with real customer questionnaires that convert.

Lees meer

Kontak Examinare

+46855926800


Price Quotation

Price Quotation

Find out how Examinare can help you! One of our Examinare experts will contact you shortly to discuss your needs and how you can benefit from Examinare Solutions.

Fill in the form and we will contact you shortly.

Maatskappy *

Naam *

Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *

E-pos *

Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *

Gemorspos Vraag

3+2= *

Newsletters from Examinare