Why Cancel, die oplossing wat ontdek hoekom kliënte uitteken uit jou dienste.

2017-05-11

Niks is meer frustrerend as om ʼn goeie kliënt te verloor nie. Jy belê tyd, moeite en geld daarin om kliënte te lok na jou besigheid, net om uit te vind dat hulle van jou subskripsie of dienste rekening binne ʼn kort tydjie uitgeteken het. Jou eerste gedagte hierna kan wees dat jy nie genoeg geld belê het in bemarking of advertering van jou besigheid nie.

Deur egter aanhoudend meer en meer geld te bestee, gaan jou nie antwoorde bied oor presies waarna die kliënt opsoek was nie. Dalk het jy die verkeerde verwagtinge geskep deur die bewoording op jou webblad, of die diens self was nie gebruikersvriendelik nie, of jou mededinger het dalk ʼn goedkoper prys aangebied, of jou nuusbrief was dalk te aanhoudend en irriterend. Daar kan verskeie redes wees dat ʼn kliënt nie meer van jou dienste wil gebruik maak nie, en deur jou pogings na die regte gebied te rig sal jy nie net finansieel bespaar nie, maar ook die groei en ontwikkeling van jou besigheid bespoedig.

Dis oor hierdie redes dat ons Why Cancel ontwerp het – ʼn oplossing deur middel van outomatiese monitering van dienste kansellasies en uittekenings.

Hoe werk Why Cancel?

1) Wanneer ʼn kliënt jou dienste kanseller of uitteken van jou nuusbrief, sal Why Cancel ʼn rekord neem van die kliënt se naam, e-pos en subskripsie ID.
2) Na die kliënt uitgeteken het, sal sy inligting in ʼn tou geplaas word en hy sal ʼn uitnodiging ontvang om ʼn paar vrae te beantwoord oor sy ervaring, waarvan hy gehou het, nie gehou het nie, of wat tekort kom in jou diens. Hierdie uitnodiging sal gestuur word binne ʼn tydsraamwerk wat jy spesifiseer in die instellings, en daar sal ook ʼn outomatiese opvolg herinnering gestuur word indien die kliënt die eerste uitnodiging ignoreer.
3) Why Cancel bereken die ingevoerde antwoorde en vertoon die uitslae in regte tyd. Jy kan nou hierdie inligting neem en ʼn plan daarvolgens uiteensit om minder kliënte te verloor of die kansellasie van hulle subskripsies te keer. Indien jy êrens sou vashaak, is ons konsultante altyd beskikbaar om jou by te staan om die gewenste resultate te behaal.

Wat is die voordele daaraan gekoppel om van Why Cancel gebruik te maak?

- die diens is outomaties.
“Stel-en-vergeet” funksionaliteit is ʼn spesifieke kenmerk van alle Examinare dienste. Sodra jy die hele sisteem opgestel het, sal al die monitering, e-pos uitnodigings, en e-pos herinneringe outomaties afgehandel en gestuur word.
- die diens is ten volle verstelbaar.
Jy bepaal hoeveel en watter tipe vrae jy aan jou kliënt wil rig, hoe die opname venster sal lyk (jy kan jou maatskappy kenteken en kleure byvoeg), en watter boodskap jou kliënt gaan ontvang.
- die diens koppel maklik in by jou werksvloei.
Dit is nie nodig om gekompliseerde funksies te skryf wat jou kansellasie vloei en Why Cancel sal koppel nie. Ons API is alreeds so geformateer en jy hoef slegs twee blokkies kode in jou webblad in te voer om uittekeninge te begin monitor.
- jou data word beskerm en is veilig.
By Examinare word data-berging baie ernstig opgeneem. Why Cancel maak gebruik van Examinare API en al jou kliënte se inligting, tesame met jou opname uitslae, word in jou Examinare rekening in die militêre standaard-wolkbedieners in die EU, hoofsaaklik in Swede, gestoor. Ons bied jou die verskerkering aan dat jou data absoluut veilig is en geen iemand, behalwe jy self, toegang daartoe sal kan verkry nie.

Why Cancel is reeds beskikbaar, so moet asb. geen verdere tyd mors nie. Registreer jou rekening, begin kliënt kansellasies monitor, ontleed die swakpunte binne jou besigheid, en begin om jou onderneming doeltreffend te groei.

This article is about Why Cancel.
Our service for Anti-churn with real customer questionnaires that convert.

Lees meer

Kontak Examinare

+46855926800


Price Quotation

Price Quotation

Find out how Examinare can help you! One of our Examinare experts will contact you shortly to discuss your needs and how you can benefit from Examinare Solutions.

Fill in the form and we will contact you shortly.

Maatskappy *

Naam *

Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *

E-pos *

Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *

Gemorspos Vraag

1+1= *

Newsletters from Examinare