Food Evaluator, ʼn toepassing wat kliënt terugvoer vir jou insamel.

2017-01-12

Ons is verheug om vandag te kan verkondig dat ons Food Evaluator toepassing uiteindelik beskikbaar is vir gebruik by enige koffie- of kosstigting wat graag meer wil uitvind oor hulle kliënte.

Ons het al telkemale gehoor dat restaurant eienaars voel dat kliënt tevredenheid opnames gewoonlik gepaard gaan met hoë kostes en dat dit vreeslik tydrowend is, daarom is hulle geneig om dit oor te slaan. ʼn Meer algemene praktyk is die verbale bevestiging van die smaak en kwaliteit van die diens vanaf die eienaar, maar hierdie tendens neem nie al die terugvoer in ag nie, en dit is dus onmoontlik om uit te vind hoe kliënte werklik dink of voel. Daar is egter ʼn behoefte om data in te samel oor watter spyskaart en drankies beter presteer. In die geval van verbale kommunikasie is daar geen waarborg dat die antwoorde wat ontvang word betroubaar is nie.
 
Kliënt tevredenheid opnames is ʼn vereiste vir die behoorlike ontwikkeling en groei van voedselbesighede, maar ons stem saam dat dit eenvoudig en vinnig moet plaasvind vir beide die restaurant asook die kliënt. Dit is hieroor dat ons die Food Evaluator ontwikkel het, gegrond op drie hoof fundamentele faktore: spoed, gebruiksgemak, en kragtige statistieke.

Waarom verskil die Food Evaluator van ander oplossings?

- vinnige en eenvoudige opstelling (van jou kant af) in jou restaurant / koffiewinkel.
Ons sisteem kan in die vinnigste moontlike tyd gestuur word. As jy dus besluit het dat jy meer oor jou kliënt tevredenheid wil uitvind, is dit slegs ʼn kwessie van ʼn paar dae voordat dit ten volle bruikbaar is in jou besigheid.
- gemak van gebruik en onderhoud.
Food Evaluator is ʼn baie intuïtiewe sisteem. Die koppelvlak is spesifiek ontwerp vir mense met ʼn beskeie rekenaarkundigheid, en dis hieroor dat jy verseker kan wees dat jy dit vanaf die eerste minuut van gebruik sal verstaan. Indien jy wel êrens vasbrand, is daar ʼn uitgebreide handleiding op ons webtuiste beskikbaar met uiteengesette verduidelikings en baie skermskote verwant aan elke afdeling van die sisteem. Jy is ook welkom om ons te kontak deur ons aanlyn gesels opsie of deur e-pos, en ons beantwoord jou vrae binne ʼn paar uur.
- moontlikheid om verskeie kommunikasie kanale te gebruik.
Smaak verskil. So ook die benadering van restaurant bestuurders in die uitreiking na hulle kliënte. Ons gee aan jou die vryheid om die mees geskikte manier te kies vir jou unieke geval. Jy kan jou kliënt vra om ʼn paar kort vrae te beantwoord op ʼn tabletrekenaar binne in die restaurant, of jy kan sy e-pos adres in die sisteem invoer en ʼn opname sal outomaties aan hom gestuur word volgens jou instellings op die Food Evaluator.
- kragtige statistieke met gevorderde filtrering.
Daar is geen nut daarin om kliënt tevredenheid in te samel, as jy nie die uitslae op die gepaste manier kan opsom of die regte afleidings kan maak nie. Ontleding is nie ʼn maklike taak nie. Dit is hieroor dat ons die mees gevraagde analitiese funksies versamel het en hulle gebruik vereenvoudig het. Nou het jy toegang tot regte tyd uitslae, gevorderde filtrering, en berekening van die CSAT indeks binne ʼn intuïtiewe en maklik bruikbare koppelvlak.
- ons staan jou deurgaans by deur die hele proses.
Ons gee om vir elke een van ons kliënte, en dit is hieroor dat ons nie van jou sal vergeet sodra jy vir ons dienste ingeteken en betaal het nie. Ons opname kenners ontwerp vir jou ʼn vraelys volgens jou situasie en behoeftes, en ons stel die Food Evaluator sisteem vir jou op om seker te maak dat dit moeiteloos gebruik kan word. Aangesien ons nie herverkopers van die sisteem is nie, maar die ontwikkellaars daarvan, kan ons enige sisteem funksionaliteit uitbrei of verander indien jy dit nodig sou vind. En laastens, ons is besorg oor ons kliënte en dit is hoekom ons ons bes doen om jou in enige situasie in die korste moontlike tyd probeer help.

Een van ons kliënte het onlangs die Food Evaluator “die verstandigste finansiële belegging vir die mees besonderse diens ooit ontvang” genoem. Ons is dus nie net hier om jou te vertel hoe leersaam dit is om kliënte tevredenheid data in te win nie, ons leer ook eintlik self elke dag.

This article is about Food Evaluator.
Our service for Restaurant Surveys.

Lees meer

Kontak Examinare

+46855926800


Price Quotation

Price Quotation

Find out how Examinare can help you! One of our Examinare experts will contact you shortly to discuss your needs and how you can benefit from Examinare Solutions.

Fill in the form and we will contact you shortly.

Maatskappy *

Naam *

Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *

E-pos *

Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *

Gemorspos Vraag

3+5= *

Newsletters from Examinare