Relevante Menslike Hulpbronne strategie is die sleutel tot ontwikkeling en voortuitgang.

2014-12-16

Bevoegde sakebestuur was nog nooit ʼn maklike of eenvoudige taak nie. Die oulike persoonlikheid van ʼn leier of die indrukwekkende belegging van aandele is nie genoeg om die permanente sukses van ʼn maatskappy of hoë groei syfers te verseker nie. Dit is die personeel wat die basiese meganisme en die motor van enige organisasie is. Soos in oorlog, so is dit in besigheid: Dit is baie belangrik om die sterkpunte en swakhede van jou weermag (jou personeel) te verstaan, om bewus te wees van die gemeenskap se gesindheid en te luister na diegene wat jou besigheid van ʼn buite perspektief waarneem.

Hoe om die groei van inkomste in ʼn wisselende mark te verseker.

Daar is ʼn bekende stelling wat sê dat die mensdom slegs 10% van hulle breinkrag doeltreffend gebruik. Hoe ook al dit sy, ʼn kleiner persentasie as dit van maatskappye organiseer analise van personeel. In die huidige onstabiele politiese en ekonomiese omstandighede, en in die onvoorspelbare mark, is dit noodsaaklik om die meeste van al die beskikbare menslike potensiaal te gebruik om besigheidsdoelwitte te bereik.

Volgens ʼn onlangse studie deur World Federation of People Management Associations, moet spesiale aandag gegee word aan die Departement van personeel bestuur binne die raamwerk van enige maatskappy. Aangesien dit die doeltreffendheid van ʼn besigheid aansienlik kan verbeter en ʼn direkte impak het op die ekonomiese en finansiële prestasie van die maatskappy. Dit is die maatskappye met die doeltreffendste personeelbestuur stelsel wat die boonste lyne van die vooraanstaande analitiese publikasies beklee.

Meet werksverrigting en werknemers tevredenheid om jou groei verstandig te bestuur.

Die hedendaagse tegnologie het vele nuwe geleenthede vir ontwikkeling en besigheidsbestuur oop gemaak. In die verlede het suksesvolle maatskappy groot hoevelehede geld spandeer aan die ontwikkeling van geoutomatiseerde stelsels vir die berekening van sleutel prestasie aanwysers. Hulle het nog altyd die voordeel gehad bo die maatskappy wat hierdie studies per hand moes uitvoer. Die probleem was nie altyd slegs in die tydrowende proses en die groot hoeveelheid foute in die berekenings nie, maar ook in die feit dat dit moeilik was om die regte afleidings te maak en sodoende die regte bestuursbesluit te neem, en dit het natuurlik die doeltreffendheid van die besigheid geraak.

Deesdae sal die mees suksesvolle besighede ʼn groot deel van die verantwoordelikheid aan die personeelbestuurder van die maatskappy toeken. Dit is nie verbasend nie, aangesien sy taak nie slegs die organisasie van die werk is nie, of die berekening en ontleding van die personeel se prestasies is nie, maar meer belangrik, die motivering en betrokkenheid van die personeel. Meeste maatskappy is bewus hiervan en neem selfs stappe in hierdie rigting deur te probeer fokus op die finansiële prestasie, en deur die optimalisering en integrasie van nuwe tegnologieë. Baie bespreek die belangrikheid van aanmoediging van inisiatief, verantwoordelikheid en samewerking vanaf die maatskappy se personeel, maar in praktyk, is die bogenoemde stappe dikwels nie effektief nie of is heeltemal irrelevant. Intussen, word een van die hedendaagse besigheid se hoof voordele onderskat of heeltemal geïgnoreer, en dit is personeelbetrokkenheid en die ontwikkeling van ʼn effektiewe strategie vir personeelbestuur.

ʼn Opname gedoen deur ʼn Boston Raadplegings Groep het bevind dat die probleem van effektiewe menslike hulpbronne bestuur die sleutel is in hedendaagse organisasies. Hierdie tendens sal in die nabye toekoms ʼn toename in beleggings in hierdie gebied oorskadu. Inligting oor die personeel se werksvernuf, hulle eienskappe, vermoëns en gesindheid is deesdae besonders belangrik vir besigheidsleiers. Dit help om bekwame bestuursbesluite te neem, en om persoonlike talente te identifiseer en te ontwikkel, alles ten bate tot die organisasie en effektiewe personeel motivering.

Hoe om ʼn menslike hulpbron bestuurstelsel in werking te bring.

Indien jy jou maatskappy se personeel bestuurstelsel meer doeltreffend wil organiseer, maar steeds onseker is van hoe om dit in plek te kry, moenie huiwer om Examinare te kontak per e-pos op info@examinare.com nie, of deur ons aanlyn gesels opsie, of stuur ons gerus ʼn prys navraag. Ons sal jou bystaan om hierdie taak in die kortste tyd te implementeer, met inagneming die eienaardighede van die teikengehoor en volgens jou maatskappy se begroting.

This article is about our Business Services.
Read more on how we can help you.

Lees meer

Kontak Examinare

+46855926800


Price Quotation

Price Quotation

Find out how Examinare can help you! One of our Examinare experts will contact you shortly to discuss your needs and how you can benefit from Examinare Solutions.

Fill in the form and we will contact you shortly.

Maatskappy *

Naam *

Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *

E-pos *

Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *

Gemorspos Vraag

7+7= *

Newsletters from Examinare