Hoe om ʼn besonderse SMS Opname saam te stel.

2014-05-14

Al hoe meer mense besit deesdae selfone. Dis hoekom ons by Examinare vanaf 2009 reeds duisende SMS opnames gestuur het vir beide Sweedse en Internasionale ontvangers. Daar is verskriklik baie wat met SMS Opname tegnologie gedoen kan word en daar is ook die moontlikheid om dit outomaties op te stel om opnames deur middel van e-pos uit te stuur. Die moontlikhede is eindeloos met SMS Opnames en by Examinare het ons vele toepassings op een plek bymekaar gesit waaruit jy kan kies.

Kliënt Opnames in die vorm van SMS Opnames.

ʼn Teks op ʼn foon kry gewoonlik almal se aandag en dit is skadeloos om ʼn skakel wat deur SMS ontvang is te volg na jou opname en mors nie naastenby so baie tyd as wat meeste mense glo nie. Meeste mense reageer op SMS Opnames terwyl hulle huis toe reis, op die bus, trein, of in die passasiers sitplek op pad na ʼn funksie. Indien jy jou SMS Opname koppel aan ʼn beloning, soos byvoorbeeld een maand se gratis diens of iets soortgelyks, sal jy jou kanse op terugvoer op jou opname aansienlik verhoog.

Hoe om ʼn SMS Opname te stuur indien jy nie in besit is van kliënte se telefoon nommers nie?

Dit gebeur soms dat jy nie die nommers van jou kliënte het aan wie jy graag jou SMS opname wil stuur nie. Dit kan ʼn opvolg opname uit ʼn klaskamer of sosiale samekoms wees, en dit is maklik vir Examinare om ʼn sms te ontvang, en dan hierna die Examinare Opname Toepassing outomaties uit te stuur aan die kliënt wat antwoord op die sms. Op hierdie manier kan die kliënt maklik en gerieflik op hulle selfone die opname beantwoord.

Werk SMS opnames op die nuwer selfoon modelle?

Ons tegnologie werk op selfoon modelle wat vanaf 2001 tot huidiglik vervaardig was. Ons kan jou verseker dat ons tegnologie op alle slimfone werk en versoenbaar is met ouer modelle sowel as toekomstige modelle.

Outomaties SMS opnames met aflewering van goedere.

Die uitstuur van goedere dring daarop aan dat maatskappye moet weet hoe die kliënt die aflewering van goedere ondervind het. In sulke gevalle is dit noodsaaklik dat jy SMS opnames uitstuur aan enige kliënt wat ʼn aflewering van jou ontvang het. Indien hulle ontevrede is met jou diens sal jy verseker van hulle hoor, maar die kanse dat jou maatskappy met ʼn kliënt gaan kommunikeer indien die aflewering tyd verleng was of wanneer daar dalk ander komplikasies intree, is relatief laag.

Peilings deur middel van SMS.

Mobiele peilings is nie SMS Opnames nie, maar baie organisasie verkies om hulle te gebruik. Examinare beskik oor ʼn tegnologie met die naam “Magic Polls” wat die volgende generasie van peilings is, waar ontvangers maklik hulle stemme kan instuur deur middel van teks boodskappe en die uitslae word in regte tyd vertoon. Magic Polls™ kan gekombineer word met Twitter en Webblad Peilings.

Vinnige oorsig oor hoe om met SMS opnames te begin.

Om jou maatskappy toegang te verleen na SMS Opnames kan jy ʼn rekening direk op die internet bestel (op die Prys blad) of jy is welkom om ons te kontak vir leiding om die beste oplossing vir jou spesifieke projek te vind. Jy kan ʼn kwotasie direk ontvang deur hierdie skakel te volg. Vul die vorm nouekeurig in om ons sodoende die geleentheid te bied om vir jou ʼn kwotasie uit te werk wat jou verwagtinge weerspieël. Ons sien daarna uit om jou maatskappy by te staan om deur middel van SMS Opnames beter terugvoer te ontvang.

This article is about our Business Services.
Read more on how we can help you.

Lees meer

Kontak Examinare

+46855926800


Price Quotation

Price Quotation

Find out how Examinare can help you! One of our Examinare experts will contact you shortly to discuss your needs and how you can benefit from Examinare Solutions.

Fill in the form and we will contact you shortly.

Maatskappy *

Naam *

Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *

E-pos *

Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *

Gemorspos Vraag

8+4= *

Newsletters from Examinare