Wat is Kwalitatiewe Marknavorsing?

2014-04-18

Baie maatskappy vind dit noodsaaklik om marknavorsing te doen as gevolg van ʼn tekort aan inligting in hulle begin stadiums, diegene wat ʼn nuwe mark binnegaan, of wat ʼn nuwe produk beplan. Hierdie benadering word geregverdig aangesien dit help om ongewenste strategiese foute te vermy, om die plan van die maatskappy aan te pas, om te bepaal watter areas aandag verlang, en watter dele as irrelevant beskou kan word. Die navorsing van verbruikersvoorkeure, eise en deurlopende monitering van die situasie is ook ʼn belangrike aspek in die ontwikkeling strategie van die maatskappy, wat nie hulself agter hul mededingers wil vind nie, of wat teiken mark segmente met hul wil deel nie.

Daar is verskillende sienings en benaderings oor hoe om marknavorsing aan te pak. Alvorens daar ʼn besluit geneem word oor die noodsaaklikeheid daarvan, moet daar vasgestel word watter tipes geskik gaan wees ten opsigte van die maatskappy se strategieë en produkte. Daar is kwantitatiewe en kwalitatiewe marknavorsing, en ons gee in hierdie artikel meer inligting oor hierdie twee tipes.

Kwalitatiewe marknavorsing help om die motiewe wat die verbruiker se besluit beïnvloed wanneer hy produkte aankoop, asook sy verwagtinge oor ʼn sekere produk, te identifiseer. In teenstelling met kwantitatiewe navorsing wat gebaseer is daarop om ʼn sekere hoeveelheid respondente se menings in te win, en wat toelaat dat daar gevolgtrekkings gemaak word gebaseer op die statistiese data, is kwalitatiewe navorsing nie-gestandaardiseer en laat toe dat daar menings gevorm word oor die gedrag en reaksies van kliënte, en die impak van sekere faktore op hulle besluite. Met ander woorde, kwalitatiewe navorsing word gebaseer op syfers, en kwantitatiewe navorsing op woorde.

Die volgende gevolgtrekkings kan gemaak word deur die afhandeling van kwalitatiewe marknavorsing:

- Bepalings van vereistes en redes vir die aankoop van sekere produkte;

- Die navorsing van promosies, produkte en PR-veldtogte persepsies;

- Evaluasie van kliënte of besigheidsdienste.

Kwalitatiewe marknavorsing bied die geleentheid aan om nie net die motivering en die waargenome reaksie van kopers te ontleed nie, maar as gevolg van die gebruik van spesiale tegnieke kan dit onbewustelike komponente van gedrag en besluitneming in sekere omstandighede ook onthul.

Die hoofmetodes van kwalitatiewe marknavorsing is intensiewe onderhoude, fokus groepe en onderhoude met kenners.

Die intensiewe onderhoude behels ʼn informele, persoonlike gesprek, wat uitgevoer word deur die spesialis sielkundige met ʼn voorafgeskrewe vraelys. Die doel van die onderhoud is om die reaksies van die respondent te bepaal, asook sy houding teenoor verskeie kwessies. Die sielkundige lei die respondent om sekere onderwerpe van belang te bespreek en ontleed dan sy aksies. Daar is gewoonlik een respondent betrokke by die opname, maar dit word ook toegelaat dat twee of drie individue mag deelneem daaraan. Om die nie-verbale reaksies te kan bestudeer en te ontleed word daar video opnames van die onderhoude geneem.

Fokusgroep navorsing is ʼn kwalitatiewe marknavorsing wat gebaseer is op die algehele onderhoud oor ʼn spesifieke onderwerp. Die groep bestaan gewoonlik uit 8-12 uitgesoekte respondente wat dan ʼn spesifieke vraag bespreek. Daar word video opnames gemaak terwyl die navorsing uitgevoer word. Afhangend van die verloop van die gesprek kan daar ʼn lys van betwiste vrae reggestel of aangevul word. Fokusgroep navorsing is ʼn bekende tipe navorsing as gevolg van die buigsaamheid en doeltreffendheid daarvan. Dit skep ook geleenthede om die gedrag en motiewe van kliënte te verstaan.

Deskundige onderhoude is opnames waarvan die lede kenners is in spesifieke veld. Dit gee die geleentheid om teoretiese kennis en praktiese ondervinding van professionele persone te veralgemeen. Betroubaarheid en relevansie van die ontvangde inligting is baie hoog in hierdie gevalle, en deskundige opnames kan toegepas word in omstandighede waar kwantitatiewe opnames nie moontlik is nie of oneffektief gaan wees. Die daaropvolgende ontleding en verwerking van die versamelde data is baie belangrik met hierdie tipe navorsing.

Ongeag van watter tipe marknavorsing jy wil uitvoer, sal jou werk meer gemaklik en produktief afgehandel kan word met Examinare se samewerking. Ons bied aan jou omvattende ondersteuning en bystand met die uitvoer van opnames. Ons kan ook al die werk namens jou afhandel. Indien jy belangstel in kwalitatiewe marknavorsing, kontak gerus vir Examinare – die Skandinawiese leier in aanlyn opnames en navorsing.

This article is about Examinare the Survey Tool.
Our service for successfully by yourself create Surveys in mobile, desktop, kiosks.

Lees meer

Kontak Examinare

+46855926800


Price Quotation

Price Quotation

Find out how Examinare can help you! One of our Examinare experts will contact you shortly to discuss your needs and how you can benefit from Examinare Solutions.

Fill in the form and we will contact you shortly.

Maatskappy *

Naam *

Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *

E-pos *

Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *

Gemorspos Vraag

4+4= *

Newsletters from Examinare