Watter marknavorsing hulpmiddels is die mees effektief?

2014-04-04

Marknavorsing is ʼn belangrike deel van ʼn maatskappy se strategie in die kort- en langtermyn. Die gewildheid hiervan neem elke dag toe omdat dit toelaat om die status en tendense van ʼn spesifieke mark, die aanvraag vir ʼn spesifieke produk te identifiseer, en die moontlikheid bied om ʼn nuwe of bestaande plan aan te pas vir die ontwikkeling van die maatskappy of vir produk bekendstelling.  Daar is verskeie marknavorsing hulpmiddels beskikbaar wat relevant of effektief is in sekere gevalle. Daar is persoonlike, straat en telefoon opnames, gang toeste, eksperimente, paneel studies, ens. beskikbaar. Ongeag die diversiteit, is die gewildste die aanlyn marknavorsing metode.

Die uitvinding van die Internet het nuwe geleenthede vir besigheidsontwikkeling beskikbaar gemaak. Aanlyn navorsing is die mees bekostigbare manier, en dis ʼn eenvoudige en buigsame hulpmiddel om verbruikers se menings, die mark, personeel tevredenheid, ens. te kan bestudeer. In hierdie artikel sal ons beskryf hoe om marknavorsing uit te voer vir maksimum doeltreffendheid, watter marknavorsing hulpmiddels gebruik moet word, en wat die uitslae van die aanlyn navorsing oor die algemeen gaan kan bereik.

Een van die eenvoudigste metodes beskikbaar om te kan bepaal wat die aanvraag en aanbod van sekere produkte is, is om die soekenjins vir sleutelwoorde te bestudeer wat jou produk voorstel of beskryf. Hierdeur sal jy kan bepaal of jou produk op die internet gewild is. Jy kan ook hierdeur uitvind hoe dit voorgestel word deur jou mededingers. Nog ʼn voordeel van marknavorsing hulpmiddels deur die soek na sleutelwoorde, is om te kan identifiseer in watter nisse jou produk val. Jy kon dalk nie eers bewus gewees het van die bestaan van sommige van hulle nie.

Die volgende stap is die bestudering van die voorstelle en beleid van jou mededingers. Jy moet weet hoe jou produkte gunstig kan verskil en wat die sterk- en swakpunte van die produkbevorderingsveldtogte is. Marknavorsing hulpmiddels, gebaseer op die studie van mededingers, hoef nie net vir ʼn paar dae of weke gebruik te word nie, maar eerder vir veel langer. Een van die mees effektiewe maniere om ondervinding op te doen is om jou eie foute te kan regstel, maar deur te leer uit jou mededinger se foute is minder pynlik vir jou besigheid en jou maatskappy se reputasie.

Indien jou maatskappy tans bedryf word, kan die inligting deur ander organisasies of individue verteenwoordig word. Dit kan as verwysings voorkom op webblaaie, blogs, of sosiale netwerke. Ontevrede kliënte mag dalk hulle negatiewe ervarings oor jou produk deel met vriende en kennisse. Mededingers mag dalk ook soortgelyke kommentare los namens ander mense, maar dit gebeur gelukkig redelik selde indien jy nie ʼn markdeelnemer van “kontinentale” skaal is nie. Om sodoende maksimum beheer oor resensies van individue te kry, om dit betyds te kan oplos en om nie enige huidige kliënte te verloor nie, is die mees effektiewe strategie om gebruik te maak van marknavorsing hulpmiddels soos aanlyn opnames, vraelyste, peilings, opvolg opnames, ens.

Aanlyn opnames is die maklikste om te implementeer en die mees bekostigbare manier om die menings van kopers te bestudeer. Dis slegs jou kliënte wat bekend is met die voor- en nadele van jou produk of die diens wat jy aanbied. Daarbenewens hoef jy nie te raai hoe om jou eie diens te verbeter nie, of om tyd, geld en pogings op innovasie te mors wat onder verbruikers nie in ag geneem gaan word nie.

Om die meeste voordeel te trek uit opnames en vraelyste, is dit nodig om die regte vrae te vra, ʼn effektiewe tegniek en relevante benadering tot die kliënt te bring. Daarbenewens is die belangrikste om die korrekte ontleding van die resultate te behaal, waaruit die regte gevolgtrekkings gemaak kan maak word en ʼn toekomstige strategie ontwikkeling gebou kan word. Aanlyn opnames is nie net ʼn lys van meerkeusige vrae wat ontwerp en enige plek gebruik kan word nie. Slegs die gebruik van professionele marknavorsing hulpmiddels en bystand van kundiges sal help om die resultate te kry wat vir jou besigheid in die toekoms noodsaaklik sal wees.

Examinare AB ontwikkel reeds sedert 2007 marknavorsing hulpmiddels en voer aanlyn opnames uit. Examinare kenners het uitgebreide ondervinding opgedoen deur met verskeie grootte maatskappye te werk wat enige tipe produk voorsien. Hierdie kenners spog al met meer as 9 miljoen opnames en duisende gelukkige kliënte. Indien jy ook sukses wil behaal en nuwe horisonne wil verower is jy welkom om ons te kontak en ʼn kwotasie aan te vra op ons Konsultasieblad. Ons help jou graag om die beste in die mark te word met behulp van die beste marknavorsings hulpmiddels tans beskikbaar.

This article is about Examinare the Survey Tool.
Our service for successfully by yourself create Surveys in mobile, desktop, kiosks.

Lees meer

Kontak Examinare

+46855926800


Price Quotation

Price Quotation

Find out how Examinare can help you! One of our Examinare experts will contact you shortly to discuss your needs and how you can benefit from Examinare Solutions.

Fill in the form and we will contact you shortly.

Maatskappy *

Naam *

Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *

E-pos *

Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *

Gemorspos Vraag

1+2= *

Newsletters from Examinare