Evalueer die tevredenheid van jou gaste met Examinare se hotel vraelys.

2014-03-14

In diensbedrywe soos hotelle, is dit baie belangrik om jou kliënte te kan bedien nie net wanneer hulle besluit om by jou hotel te oornag nie. Die diens moet verleng word tot na hulle verblyf, en hiermee beveel ons aan om vrae te vra – of die diens voldoende was aan hulle behoeftes en of hulle dit sal oorweeg om weer van jou dienste gebruik te maak. Examinare se hotel opnames bied jou die geleentheid aan om hierdie inligting vanaf jou gaste in te win.

ʼn Ontevrede kliënt sal sy misnoeë uitspreek aan ander kliënte en nie aan jou self nie. ʼn Goed ontwerpte opname vraelys gun jou die geleentheid om met jou kliënte op te volg en meer besonderhede te kry of daar probleme was en of hulle weer sal terugkeer na jou onderneming met hulle volgende besoek. Met Examinare se hotel vraelyste het ons die daaglikse bewegings van die hotel industrie in diepte bestudeer, en ons verstaan wat dit neem om kliënte tevrede te hou en te sorg dat hulle weer van jou dienste gebruik sal maak met hulle volgende besoek.

Ons opname pakket “hotel vraelys” is beskikbaar in verpersoonlikde weergawes vir groot en klein hotelle en motelle. Ons maak seker dat jy die regte terugvoer ontvang om sodoende jou kliëntebasis te vergroot, ʼn hoë vlak van diens te behou, en die vermoë ontvang om besluite te neem gebaseer op feite en nie op wilde raaiskote nie.

Examinare se hotel vraelys is nie net ʼn toepassing vir diensvlak beheer nie.

Ons opname pakket is nie net ʼn manier om jou diens te kan beheer nie, maar ook om tendense te kan volg en ʼn voorloper van jou industrie te word. Daar kan dalk klein aanpassings gemaak word op voorstel van kliënte wat ander hotelle besoek het – dikwels van die ander kant van die wêreld af. Jy sal regtig verbaas wees met die hoeveelheid hulpvaardige terugvoer wat jy ontvang met Examinare se opname pakket “hotel vraelys”.

Hoekom moet hotelle geëvalueer word, en watter hotelle sal baat vind daarby.

Dis maklik om vasgevang te word in die gejaag van ons alledaagse lewens en te dink dat daar niks aan jou instansie of hotel verander hoef te word nie. Soms sal dit net gebeur indien daar ʼn gas aan jou oordra wat hulle verwag het, watse diens jy eintlik gelewer het, en watse aspekte vir jou kliënt belangrik is. Die kostes verbonde aan die gebruik van die Examinare opname pakket is klein in vergelyking met die feit dat jy dalk nooit sal uitvind wat kortkom in jou hotel nie. Die “hotel vraelys” sal jou baie geld en tyd bespaar, asook die feit dat jou kliënte dit opreg sal waardeer dat jy werklik omgee oor hulle opinies.

Hoe begin ons?

Enige iemand wat na terugvoer vanaf kliënte luister weet wat om te verwag en met Examinare se opname pakket “hotel vraelys” kry jy presies wat jou besigheid nodig het – terugvoer. Om te begin met ons pakket, kontak ons gerus op +468-559 26 800 of stuur ʼn navraag per e-pos aan info@examinare.com om meer uit te vind oor die hotel opnames.

This article is about our Business Services.
Read more on how we can help you.

Lees meer

Kontak Examinare

+46855926800


Price Quotation

Price Quotation

Find out how Examinare can help you! One of our Examinare experts will contact you shortly to discuss your needs and how you can benefit from Examinare Solutions.

Fill in the form and we will contact you shortly.

Maatskappy *

Naam *

Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *

E-pos *

Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *

Gemorspos Vraag

1+6= *

Newsletters from Examinare