Wenke vir Tevredenheid Opnames vir Ouers.

2013-10-30

Tevredenheid Opnames vir Ouers is vandag onmisbaar in die ontleding, ontwikkeling en verbetering van die opvoedkundige proses. Na ʼn sekere ouderdom, spandeer kinders baie van hulle tyd in opvoedkundige instellings. Eers is dit in ʼn kleuterskool en daarna die skool self. Deurlopende verbetering van die opvoedings sektor en die aanpassing daarvan in die moderne lewensomstandighede is die belangrikste faktore wat ʼn direkte impak het op kinders se ontwikkeling. Maar om aan al die vereistes te voldoen en deur standaarde te volg is nie genoeg nie. Dit is ook noodsaaklike om die omstandighede rondom die persoonlikheid ook in ag te neem.

Die tevredenheid opnames vir ouers is ontwerp om hulle die geleentheid te bied om hul menings uit te spreek, en om hulle gedagtes rondom die kleuterskool en skool sisteem te deel. Dit help die personeel en onderwysers om hulle sterk- en swakpunte te identifiseer en waar hulle veranderings of verbeterings kan aanbring.

Watter vrae word in die tevredenheid opnames vir ouers ingesluit?

As ʼn reël, hou die vrae verband met die elemente van die opvoedkundige proses:

- ouers se houding teenoor die personeel (onderwysers, leraars, direkteur, sielkundiges): hoe goed hulle hulle verantwoordelikhede hanteer, hoe die kind hulle beskou, hoe word die uitslae van hulle werk geëvalueer;

- die invloed van ouers op die leerproses en hulle deelname daaraan;

- die kwantiteit en kwaliteit van huiswerk, buitemuurse aktiwiteite, spesiale kursusse;

- die vlak van opleiding in verskeie areas, voorbereiding vir tersiêre opleiding of toekomstige beroepe, fisiese fiksheid;

- infrastruktuur ontwikkeling: ʼn swembad, atletiese velde, vervoer verbinding, skoolbus, rekenaar toerusting, ʼn amptelike webblad op die internet, ens.

Jy sal oplet dat hierdie vrae spesifiek ontwerp is vir ʼn tevredenheid opname vir ouers. Daar is ʼn groot verskeidenheid van maniere en moontlikhede vir die verbetering van opvoedkundige instellings. Maar die belangrike punte is die korrekte ontwerp van die vraelys self en die keuse van die toepassing vir die skep en verspreiding daarvan. Dit sal die aantal antwoorde en die kwaliteit daarvan bepaal.

Wat moet in ag geneem word met die samestelling van ʼn tevredenheid opname vir ouers?

Jy sal eerstens moet bepaal watter tipe teikeninligting jy wil ontvang. Sal dit oor die algemeen wees, of enige spesiale, spesifieke data behels? Die lys van vrae word hierna saamgestel. Moenie onderwerpe kies wat nie jou primêre doelwit in gedagte het nie. Hou in gedagte dat ʼn oorvloed van vrae die respondent irriteer en afsit. Dit dra ook by tot die verlies aan konsentrasie en as gevolg hiervan ontvang jy betekenlose antwoorde. Jy moet slegs vrae vra wat vir jou belangrik is en die nodige inligting gaan verskaf. Maak gebruik van die graderings-skaal, vergelykings, en verskillende tipes vrae wat jou respondente sal verstaan en jou die nodige antwoorde sal verskaf vir verdere ontleding. Dit is ook ʼn goeie idee om die geleentheid te skep om ʼn vry teks antwoord te gee. Dit is nie altyd moontlik vir ʼn individu om ʼn antwoord te kies uit ʼn lys van opsies nie.

Met die samestelling van die opname sal dit meer effektief wees om die mees algemene vrae aan die begin van die vraelys te plaas. Hierna beweeg die respondent dan stelselmatig aan na die moeiliker vrae. Vermy die gebruik van dubbelsinnige woorde, komplekse terme en strukture.

Die manier waarop jy die tevredenheid opname vir ouers gaan versprei speel ook ʼn belangrike rol in die terugvoer van betroubare inligting. Terwyl sommige instansies nog “papier” navorsing verkies, is die elektroniese metode meer vooruitstrewend, gewild en relevant. Dit bied bruikbaarheid, vertroulikheid en veiligheid van die inligting aan. Dit bied ook verdere geleentheid aan vir die ontleding van die data.

By Examinare spog ons met uitgebreide ondervinding in alle tipes navorsing en tevredenheid opnames vir ouers is geen uitsondering nie. Tydens ons werk het ons herhaaldelik gesien hoe belangrik elektroniese opnames geword het ten opsigte van die eerste treë neem in die ontwikkeling, groei en verbetering van maatskappye, organisasies, opvoeding en mediese instansies ens. Ons opname toepassing is beskikbaar vir jou gebruik. Indien jy bystand benodig in die samestelling en uitvoer van enige navorsing is ons altyd beskikbaar om hulp aan te bied. Kontak ons vandag nog telefonies, op e-pos of deur ons aanlyn gesels opsie. Stel jou tevredenheid opname vir ouers vandag nog op deur Examinare!

This article is about our Business Services.
Read more on how we can help you.

Lees meer

Kontak Examinare

+46855926800


Price Quotation

Price Quotation

Find out how Examinare can help you! One of our Examinare experts will contact you shortly to discuss your needs and how you can benefit from Examinare Solutions.

Fill in the form and we will contact you shortly.

Maatskappy *

Naam *

Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *

E-pos *

Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *

Gemorspos Vraag

3+7= *

Newsletters from Examinare