Verduideliking van Bank Kliënt Tevredenheid Opnames.

2013-10-22

Hoekom is ʼn Bank Kliënt Tevredenheid Opnames die beste manier om jou besigheid te laat groei? Dis maklik! Die beste manier om kliënte tevrede te stel, is om kliënte self te vra wat hulle nodig het! Kom ons kyk gou. Enige bank, ongeag grootte of fokus, werk daaraan om meer kliënte te lok en die wat hulle reeds het te behou. Natuurlik is die behoud van ou kliënte baie goedkoper as om nuwes te soek, maar daar sal geen groei of besigheid ontwikkeling ontstaan sonder nuwe kliënte nie. Tydens jou soektog na nuwe kliënte, moet jy nie vergeet van die kliënte wat tans by jou bank besigheid doen nie. ʼn Gelukkige kliënt sal ander kliënte na jou verwys.

Die identifisering van mense wat tevrede is met jou diens asook dié wat ontevrede is met jou bank is altyd ʼn goeie idee. Jy kan hierdie inligting verkry vanaf bestuurders en personeel wat direk met jou kliënte werk. As ʼn reël is tevrede kliënte meer as bereid om terugvoer aan jou te gee, waar ontevrede kliënte huiwerig is om hierdie waardevolle inligting met jou te deel. Hulle het dalk tyd nodig om te dink, ʼn stil omgewing, of die versekering van vertroulikeheid alvorens hulle die negatiewe ondervindings van sekere omstandigheide met jou sal deel. Deur ʼn brief te stuur aan die persoon se huis- of werksadres of ʼn persoonlike onderhoud met die persoon te reël, sal heel waarskynlik nie die gewenste resultaat bied nie. Baie kleinte verkies eerder ʼn afstand diens met minimale persoonlike kontak. Dit is hoekom die Bank Kliënt Tevredenheid opname die mees effektiewe oplossing in meeste van die gevalle is.

Watter vrae hoort ingesluit te word in die Bank Kliënt Tevredenheid Opname?

Intelligente saamgestelde opname vrae sal jou help om uit te vind watter bankdienste verbeter of geïmplementeer moet word, en watter probleme uitgeskakel moet word. Daar moenie te veel vrae ingesluit word nie, en dit moet eenvoudig en verstaanbaar wees vir die kliënte. Vrae op die Bank Kliënt Tevredenheid Opname kan handel oor die identifikasie van die gewildste en kwalitatiewe dienste voorsien, redes vir ʼn kliënt se lojaliteit, naaste mededingers, en jou bank se tekortkominge. Jy sal eerstens moet vasstel wie jou primêre teikengehoor is, asook die onderwerp van die studie. Stel jy belang in wat kliënte dink van die dienste, instandhouding, of die bank as geheel?

ʼn Goeie idee is om vrae te gebruik wat kliënte in hulle eie woorde moet beantwoord en nie net ʼn lys opsies waaruit hulle moet kies nie. Byvoorbeeld: “Is daar dalk iets wat jy nie in ons bank wil sien nie?” “Verduidelik asseblief.”; of; “Watter addisionele diens wil jy graag vanaf ons bank ontvang?” Vrae met ʼn gradiënt-skaal sal die diensgraad vertoon. Onthou om slegs die belangrikste vrae te vra en vermy die sinnelose vrae. Kliënte wil nie hulle tyd mors op onnodige vrae nie.

Na die afhandeling van talle suksesvolle studies, het Examinare al die funksies en kenmerke wat benodig sou word vir die voorbereiding van ʼn Bank Kliënt Tevredenheid Opname geïmplementeer in ons toepassing. Kliënte sal nie slegs op die bank se webtuiste die opname kan invul nie, maar ook op hulle slimfone terwyl in die ry staan en wag. Vrae oor breë funksionaliteit en met ryk ontwerpmoontlikehede sal die opname meer interessant maak vir jou kliënte, terwyl die uitslag ontleding al die nodige grafieke en verslae in regte tyd sal lewer. Weggee pryse, afslag en ander verassings sal ʼn wonderlike rede wees vir jou kliënte om aan jou Bank Kliënt Tevredenheid Opname deel te neem. Meeste mense is oor die algemeen meer as bereid om waardevolle inligting met jou te deel, dit gaan maar net hoe jy elke persoon benader.

Indien jy belangstel in die Bank Kliënt Tevredenheid Opname, kontak ons gerus by Examinare en ons help graag om jou opname saam te stel, terwyl ons ook die gedetailleerde ontleding van die antwoorde aan jou vrae sal verskaf waarvoor jy nog nooit voorheen ʼn oplossing kon vind nie.

This article is about our Business Services.
Read more on how we can help you.

Lees meer

Kontak Examinare

+46855926800


Price Quotation

Price Quotation

Find out how Examinare can help you! One of our Examinare experts will contact you shortly to discuss your needs and how you can benefit from Examinare Solutions.

Fill in the form and we will contact you shortly.

Maatskappy *

Naam *

Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *

E-pos *

Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *

Gemorspos Vraag

8+6= *

Newsletters from Examinare