Sweedse gesinne ry nog rond, ongeag van brandstof verhogings.

2012-04-27

Daar is nie veel bestuurders in Swede wat nie agter gekom het dat die brandstof pryse op ʼn gereelde basis verhoog word nie. Ons het besluit om Sweedse gesinne te vra of hulle dieselfde lewensstandaard sal kan handhaaf indien die brandstof prys met 5 krona sou verhoog.

ʼn Volle 69.7 % van die respondente het terugvoer gegee dat hulle sal aanhou hulle voertuie gebruik al was die brandstofprys 5 krona meer (0.5 sent Euro). Hierdie is gesinne met minstens een kind wat in Swede woon. Wat ons verbaas het, was dat slegs 12.12% hulle kar sou verkoop om vir hulle gesinne geld te bespaar.

Duitse gesinne stem nie saam nie:

Toe ons dieselfde vraag aan Duitse gesinne met kinders gestel het, het ongeveer 42.6% geantwoord dat dit heeltemal onmoontlik sou wees om dieselfde lewensstandaard te handhaaf indien die brandstofprys die volgende dag met €50 sent sou styg.

Watter gevolgtrekkings kan hierdeur gemaak word?

Daar is baie gevolgtrekkings wat hierdeur gemaak kan word, maar die hoofsaaklike een is dat Sweedse gesinne met kinders ʼn groter verdraagsaamheid toon indien brandstofpryse sou verhoog. Dit kan dalk wees omdat die media verklaar dat brandstofpryse in Swede veel hoër is as in die res van Europa.

Hoe is hierdie studie gedoen?

Examinare doen reeds vanaf 2011 internasionale marknavorsing. Ons het toegang tot meer as 2 miljoen verbruikers wat baie graag jou vrae wil beantwoord (natuurlik ontvang hulle betaling hiervoor). Examinare gebruikers kan vra om van hierdie paneel gebruik te maak, waardeur hulle slegs betaal vir die hoeveelheid antwoorde wat hulle ontvang. Hierdeur is jy verseker dat jy die aantal antwoorde gaan ontvang waarvoor jy betaal het.


Vrae wat ons gevra het: Sou jy met die situasie kon saamleef indien die brandstofprys met 5 doller per liter verhoog was? (Sweedse gesinne met kinders)

  • Nee, totaal onmoontlik – 18.18 %
  • Ja, maar sou heel moontlik my voertuig verkoop – 12.12 %
  • Ja, ek sou nog van my voertuig gebruik maak – 69.7%

Sou jy met die situasie kon saamleef indien die brandstofprys met 0.5 euro per liter verhoog was? (Duitse gesinne met kinders)

  • Nee, totaal onmoontlik – 42.61 %
  • Ja, maar sou heel moontlik my voertuig verkoop – 11.3 %
  • Ja, ek sou nog van my voertuig gebruik maak – 46.09 %

Wil jy ook graag van jou voornemende kliënte se voorkeure bewus wees?

Kontak ons vandag vir tariewe en hoe ons dit vir jou moontlik kan maak.

08-559 26 800, projects@examinare.com.

This article is about our Business Services.
Read more on how we can help you.

Lees meer

Kontak Examinare

+46855926800


Price Quotation

Price Quotation

Find out how Examinare can help you! One of our Examinare experts will contact you shortly to discuss your needs and how you can benefit from Examinare Solutions.

Fill in the form and we will contact you shortly.

Maatskappy *

Naam *

Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *

E-pos *

Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *

Gemorspos Vraag

9+3= *

Newsletters from Examinare