Kleinhandel Opnames koppel aan die POS sisteme.

Ontvang waardevolle terugvoer, diens evaluasie, en kliënte insae, met behulp van opnames gebaseer op werklike aankope.

Kleinhandel Opnames met integrasie na jou POS.

Kontak ons om meer inligting te verkry oor wat alles gedoen kan word met jou POS en Examinare.

Slegs Gekwalifiseerde Kliënte Data

Dit gaan alles oor data. Jy kan positiewe veranderinge maak indien jy seker is van wat jy doen. Die hoof probleem met opnames wat ongekwalifiseerde terugvoer gee, is dat enige persoon (nie net jou kliënte nie) kan soveel keer aan die opname deelneem as wat hulle wil. Maar met ons is dit anders.

Met Kleinhandel Opnames is jy ten volle beskerm teen sulke gevalle, want elke kliënt word geverifieer alvorens hy toegang na jou opname ontvang, en hy mag slegs een keer aan die opname deelneem en beantwoord.


Eenvoudig en Effektief

Kleinhandel Opnames is 'n effektiewe manier om terugvoer in te win, want kliënte is geneig om hulle kwitansies van gekoopte produkte te bewaar, ten minste vir die tydperk wat daar 'n waarborg op die produk is. As jy in ag neem hoeveel e-poste verlore gaan tussen al die e-poste wat kliënte elke dag ontvang, dan is die Kwitansie Opname net vir jou bedoel.

Hierdie oplossing is ook eenvoudig om te implementeer in jou winkel. Examinare se sisteem bind met jou POS sisteem en enige terugvoering word dan heeltemal outomaties gehandhaaf.


Hoe Werk Dit?

Na 'n aankoop gemaak is by jou winkel, ontvang die kliënt 'n gewone kwitansie. Volgens die verstellings op jou Examinare sisteem, kan hierdie klant dalk gekies word om deel te neem aan 'n Kliënt Opname. Die inligting wat vereis word is op die kwitansie uitgedruk.

Wanneer jou kliënt die opname blad besoek, sal hy die nodige velde moet invul alvorens hy aan die opname mag deelneem. Hierdie velde is uniek ontwerp vir al ons kliënte. Hierdie data word vergelyk met die data op jou sisteem, en indien alle informasie ooreenstem, mag die kliënt voortgaan met die opname.

Jy moet natuurlik jou kliënt aanspoor om deel te neem aan die opname. Jy kan dit doen deur kompetisies te reël / afslag voor te stel / klein geskenkies organiseer


Maak die proses nog eenvoudiger met 'n QR kode!

Jy kan ook ons outomatiese gegenereerde QR kodes uitdruk op jou kwitansies, in plaas van om 'n skakel aan te wys na jou opname. Op hierdie wyse kan enige geselekteerde persoon met een kliek by jou opname aansluit.

Met behulp van Examinare se besigheids informasie is dit eenvoudiger as ooit tevore om inligting in te samel.


Watter POS sisteme is versoenbaar?

Meeste POS sisteme op die mark vandag is versoenbaar met die POS Terugvoer Sisteem van Examinare. Ons het met 'n lang lys verskaffers saamgewerk vanaf ons begin het in 2006. Daar is 'n paar belangrike faktore waarvan ons moet kennis dra alvorens ons 'n waarborg aan jou kan lewer dat jou POS sisteem 100% versoenbaar is. Ons het dus toestemming nodig om met jou verskaffer in verbinding te tree aangaande die versoenbaarheid van die sisteme.

Die konsultasie om verseker te weet dat jou POS sisteem versoenbaar is, is gratis. Kontak ons gerus vandag nog vir meer inligting.




Prys Kwotasie Navraag

Vul die onderstaande vorm in. Maak seker jy voltooi al die velde en maak seker dat jy 'n landskode of telefoon nommer en korrekte e-pos adres voorsien.
Dien asb. jou aansoek in Sweeds, Engels, of Russies in.

Maatskappy *


Naam *


Telefoon (Byvoorbeeld: +46700000000) *


E-pos *


Beskryf die diens wat jy graag wil hê ons aan jou moet voorsien.
(Na die e-pos ontvang is kan jy lêers oplaai na die kaartjie e-pos wat geskep is.)

Beraamde Begroting
(Geskatte nommer met geldeenheid) *


Gemorspos Vraag

9+6= *

* Newsletters from Examinare
Jy sal outomaties ons maandelikse nuusbrief ontvang, maar jy kan die subskripsie met een kliek kanselleer.